Alle dank aan God die Vader, Sy Seun Jesus Christus en Sy Heilige Gees, vir hierdie taak wat aan my toevertrou is om die wil van die Vader te doen. Dankie dat ek reeds voor die grondlegging van die wêreld geroep is om te help om U Bruid uit te roep. Dankie vir U genade en barmhartigheid. Dankie dat U my God, my Vader, my Koning en my Helper is, want U inspireer en seën my daagliks. Ek het U lief, Here!
Ek wil vir almal dankie sê wat daagliks vir my bid en altyd lief is vir my en my aanvaar vir wie ek is. Ek wil veral vir my familie en vriende dankie sê.
Baie dankie ook aan Adri Malan en Ellie Landman vir hulle hulp met die redigering van die boek.
Eer aan die Vader!
Eer aan die Seun!
Eer aan die Gees!
Hierdie Drie is Een!
INLEIDING
Hoofstuk 1: KOM UIT EGIPTE UIT
Hoofstuk 2: LAAT MY VOLK GAAN!
Hoofstuk 3: DIE BELOOFDE LAND
Hoofstuk 4: MY MANNA
Hoofstuk 5: RIVIERE IN DIE WOESTYN
Hoofstuk 6: DIE SAAD IN GOEIE GROND
Hoofstuk 7: MY KOSBARE BRUID
Hoofstuk 8: DIE BRUILOFSFEES IS GEREED
Hoofstuk 9: MY GEBOOIE
Hoofstuk 10: MY LIGDRAERS
GEBED
Terwyl ek lees in Matt 3:3 “Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!”, het die Here met my begin praat.
Die Here het gesê: “Hier is dit, My kind. Jy staan op die rand van jou skeppingsdoel. Dit is waarvoor Ek jou geskape het. Hou tred met My, Ek sal jou louter, want die taak wat jy nou gaan doen, vereis groot verantwoordelikheid. Soos my dienaar Moses”.
Ek het toe vir die Here gesê dat ek soveel foute en swakhede en sonde het – en dat Hy my net nie hiervoor kan gebruik nie.
Die Here het geantwoord: “Ek kies jou. Ek het jou vir hierdie doel geskape, wat nou gaan oopswaai soos dubbel-deure. Jy sal My verteenwoordiger wees. Ek sal jou salf as My eindtyd-Moses. Jy sal baie uit Egipte lei. Die soekendes sal luister.
Dit sal die inleiding wees vir die tweede boek wat jy nou gaan skryf. Jy sal My stem wees, want baie kan My nie hoor nie as gevolg van afgode en verharde harte en baie maak nie tyd vir My nie. Soos in die dae van ouds gaan Ek My profete oprig en hulle sal spreek met outoriteit wat deur die Vader gegee is.
Heelwat dinge gaan nou op aarde gebeur. Waarlik, ons is by die begin van die einde. My ‘Johannes-die-dopers’ sal uitroep vanuit die wildernis: “…Berei die weg van die Here, maak Sy paaie reguit!”
My kind, wees gehoorsaam en wees net lief vir My soos jy is. Ek sal jou lei en met jou praat. Doen presies wat Ek jou opdrag gee om te doen. Godsdiens sal teen jou kom, maar leer van My.
Godsdiens het ook teen My gekom. Hoe meer Ek die waarheid gepraat het, hoe meer het godsdiens My bevraagteken en hoe meer het hulle My vervolg. Daarom, ag jouself geseënd dat jy vir My Naam se onthalwe vervolg word.”
“Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.” (Matt. 5:10,12)
“Hardloop met die perde My kind!”
“As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde?…” (Jer. 12:5)
“Ek sal jou pad tot in geregtigheid lei. Ek sal jou na My toe lei en reguit tot in die Vader se boesem. Die Vader en Ek is een”.
DIE REIS
Op 20 Julie 2010, het die Here die volgende vir my gesê:
“Jy gaan ‘n boek skryf oor die eindtyd. Dit is jou skeppingsdoel.” Ek het ervaar dat die Here vir my sê dat dit nie maklik gaan wees nie omdat mense dit nie gaan aanvaar nie. Slegs die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’) gaan dit aanvaar. Die boek sal wees vir Sy Bruid, die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’). Die boek sal handel oor die voorbereiding vir die Koning se terugkeer en sodat dié wat nie weet nie, gewaarsku kan word. “Die boek sal ‘n geskenk vir My Bruid wees. Dit is vir diegene wat My liefhet, en wat na die waarheid soek, en uitroep: ‘Vertel ons meer, Here, net die waarheid, Here!’ Die boek sal oor Jesus handel. Jesus is die sleutel. Jesus moet julle fokus wees en Jesus is julle bestemming.”
Al hierdie is opgeneem in die eerste boek, Die Finale Roep, wat op 22 April 2011 begin het toe die Here my opdrag gegee het om alles neer te skryf wat Hy sê. Die boek wat jy in jou hand hou, Die Uittog, is die tweede boek. Die Here het aan die einde van hierdie tweede boek openbaar dat Hy my voorberei om die derde boek neer te skryf.
Ek is slegs gehoorsaam om die wil van die Vader te doen. In 2009 het ek begin bid dat die Here my die absolute waarheid oor Hom en die eindtyd sal wys. Hy openbaar inderdaad die waarheid aan my. En, soos ek vryelik ontvang het, so moet ek vryelik gee.
1 Julie 2011
“My volk is vasgevang in kettings, soos ysterhande. As gevolg van hierdie kettings kan hulle nie vorentoe beweeg nie. Hulle kan nie sien nie omdat hierdie kettings hulle in die geestelike realm bind. Dit het ‘n direkte invloed in die natuurlike realm, want wat jy ookal op aarde bind, sal in die hemel gebind wees. Dis soos ‘n kettinghek wat tussen hulle en My staan. Terwyl jy dit voed, sal dit groei want wat jy eet en sien, sal jy word. Hierdie eet, is óf van My eet óf van die wêreld eet.
My volk, hoe verlang Ek dat julle bevry sal word van hierdie selfgemaakte tronk wat julle rondom julself bou. Julle eie klein ysterkasteel! Julle dink julle is beskerm binne die mure wat julle rondom julleself plaas – die wêreld wat julle daagliks rondom julleself bou. Waar is julle fokus? Op My of op die wêreld? Julle kan nie twee meesters dien nie, want julle sal die een liefhê en die ander haat.
My volk, julle is vasgevang deur die wêreld en die prins van hierdie wêreld (Farao). Julle is in gevangenskap en in hierdie gevangenskap is julle slawe vir Farao. Nie alleen is julle onder oordeel van Farao nie, maar as gevolg van julle sonde en ongehoorsaamheid is julle ook onder oordeel van My. Julle ly hieroor, My kinders.
Sal jy My aanroep met ‘n skoon hart en hande en vra dat Ek jou verlos van die huis van gevangenskap waarin jy jouself bevind? Indien jy My in nederigheid aanroep, sal Ek jou hoor en jou verlos en jou red. Baie van My mense is so deel van die wêreld (Egipte) dat hulle nie eers kan onderskei dat hulle van die wêreld is nie. Tog het Ek gesê “…word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed…” (Rom. 12:2) Die vlees baat niks nie. Die Gees bring lewe.
Diegene van My kinders wat deel van die wêreld is, en dit nog nie besef nie, sal spoedig hierdie slawerny begin besef. Die ware gebondenheid weens die vloed van slawerny is nou oopgemaak. Meer sal ‘benodig’ word deur die prins van hierdie wêreld. Die Farao vereis dat jy veel meer toegee. Indien jy swak is, sal jy gedruk word na groter kompromie en jy sal vasgevang word met kettings van swaarder yster. Hoe meer jy in hierdie wêreld is, hoe minder sal jy van My weet of selfs My hoor wanneer Ek jou roep.”
EK SAL MY PROFETE OPRIG
“Baie is vasgevang in hierdie kasteel van wêreldsheid. As gevolg hiervan sal Ek My profete oprig, My Moses’e om namens My te praat, om My verteenwoordigers te wees. Ek sal hulle salf om My volk uit Egipte uit te lei, want die slawerny is op die punt om so erg te word dat jy sal roep dat Ek te voorskyn moet kom en jou vrylaat.
Baie is hardkoppig en het verharde harte. Vir hulle sal dit ‘n stadige en moeilike proses wees om uit die wêreldse leefstyl te kom, want hulle het vir baie jare Egiptiese kos geëet en hulle is gewoond aan die luukshede en plesier wat die wêreld hulle gegee het. Is jy bereid om jou siel-lewe te verloor om ‘n vrugbare lewe te kan verkry?
As jy gehoorsaam is en volg wanneer Ek jou uit die wêreldse, vleeslike en Egiptiese lewenstyl uitlei, sal jou vrugte en lote vinnig bot en met las en pyn sal jy die pad stap wat na geregtigheid sal lei. As jy luister en gehoorsaam is, sal jy My hoor wanneer Ek sê om nie na jou regterkant of jou linkerkant te draai nie, maar om op hierdie pad te bly. Is jy bereid?”
“En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.” (Matt. 19:29)
SLAWERNY IN EGIPTE
“Ek ken die einde van die begin af. Net soos in die dae van My dienaar Moses, so sal dit weer in die eindtyd wees. My volk sal vasgevang wees in die wêreld. Die slawerny sal verswaar. Toestande en reëls sal moeilik en onregverdig wees. Sal my volk uit die wêreld (Egipte) uitkom, tot in die woestyn om saam met My te wandel? Is jy gereed om die vleis en die melk van Egipte te los en My te volg? Ek sal alles met vuur brand wanneer Ek kom om alle dinge te toets. Slegs dit wat ter wille van My Naam in die wil van die Vader gedoen is, sal oorbly. Moenie naïef wees nie. Al jou werke en woorde sal beoordeel word.
“My kinders, julle is tans in daardie plek waar julle gemurmureer het. Julle murmureer teenoor die land en teenoor mekaar. Julle het geen kontrole oor hierdie dinge nie. Julle is vasgevang in Egipte. Julle is vasgevang deur die prins van die wêreld, Farao, en hy plaas elke dag nuwe laste op julle. Terwyl julle in die wêreld is, sal julle eet wat vir julle gegee word. Ek laat dit toe, want hoe meer ongeregtigheid en onregverdigheid in die land gebeur, hoe meer sal julle besef dat julle My, julle God, nodig het. Ek is steeds die God van Abraham, God van Isak, God van Jakob. Julle moet My vra om julle te verlos van die net van die voëlvanger. Vra My om julle te verlos van die gebondenheid van slawerny, want as julle daarin bly, sal julle verseker sterf onder die plae wat Ek oor Egipte, (die wêreld) sal uitstort, wat vergiftig is deur die gulsigheid en die wellus van die mens, en rebellie en sonde.
Kies tussen My kamp of Farao se kamp, want die plae sal jou sekerlik aanraak in Farao se kamp. In My kamp sal Ek jou beskerm en geen plaag sal naby jou tent kom nie. Kies vandag – lewe of dood, seëning of vloek!”
2 Julie 2011
“Ek sal soos ‘n vuur vir jou wees in die nag. Ek sal soos ‘n wolk vir jou wees in die dag. My teenwoordigheid sal met jou wees dag en nag, indien jy uit die wêreld kom, uit Egipte uit. Jy kan My nie in Egipte aanbid nie, want die walms van Egipte en al die plesier gee ‘n slegte reuk en smaak af. Jy sal nie My glorie sien terwyl jy in Egipte is nie (wêreldse lewe).
Ek gaan vir jou ‘n weg baan om uit Egipte te ontsnap sodat jy My kan aanbid in die woestyn. In die woestyn sal Ek jou toets en jou louter en daarna sal die Beloofde Land volg. My Seun, Jesus, sal jou tot in die Beloofde Land bring.
Daarom, doen dan afstand van jou siel-lewe, die lewe wat jou vul met sielsdinge. Daar is 24 uur in ‘n dag. Hoe spandeer jy dit? Maak jy meer tyd vir plesier as om tyd in My teenwoordigheid te spandeer? Hierdie is jou toets om te bepaal of jy in Egipte is – die hoeveelheid tyd wat jy met My spandeer teenoor jou sielsbelange. Wees jy die regter oor jou eie lewe en tydsbesteding.”
VERWYDER DIE WAT LOUWARM IS
“Julle sal vind dat julle lewe in Egipte selfs droër en droër sal word en julle sal meer en meer dors. Omdat Ek besig is om die louwarm te verwyder, sal julle net warm of koud wees. Jy is of vír My of téén My. Geen draadsittery meer nie, nie kerkspeel en die speel van godsdienstige speletjies nie. Jy kies óf lig óf duisternis. Ek gaan die voorgee verwyder; die maskers sal van die mense se gesigte afval. Mense sal verstaan en sien of jy vír My of téén My is. Óf warm óf koud. As jy nie uit Egipte uitkom nie, sal jy koud word. Ek sal My volk uit Egipte lei en Ek sal onder hulle woon in die woestyn. Indien jy in Egipte bly, sal jy deur die plae doodgemaak word.”
GODSDIENS EN TRADISIES
“Soos in die dae van My dienaar, Moses, en My volk, Israel, sal daar weer ‘n groot uittog wees. Dit sal in die Gees gebeur. Baie met oop oë sal hierdie skuif sien en daaraan deelneem. Met hierdie skuif sal baie gespot en vervolg word, want baie mense klou aan godsdiens en tradisie vas. Godsdiens en tradisies maak die werk van My Gees en die werk van My ware dienaars tot niet. Dié wat My waarheid teëstaan, sal beoordeel word en sal nie die oorhand oor My ware profete kry nie, want Ek het hulle ‘n pilaar van brons gemaak”.
“Want kyk, Ek maak jou vandag ‘n versterkte stad en ‘n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land. En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou uit te red.” (Jer. 1:18-19)
“Godsdiens, tradisie, Satan en die wêreld… laat My volk gaan, sodat hulle saam met My kan woon en My aanbid in die woestyn! Ek kan water laat vloei in die woestyn; Ek kan bitter water soet maak. By die mens is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik. Laat My volk gaan, sodat hulle in Eenheid kan kom, sodat hulle Een Liggaam kan wees, Een Bruid, want as My Liggaam verenig, sonder verdeling, sidder Satan.
Laat My volk gaan! Julle is slawe onder ‘n demoniese sisteem. As julle na My toe kom, sal julle My dienaars wees en Ek sal julle seën en julle vrug sal vermenigvuldig. Julle moet soos kinders word, want kinders is vry. In Egipte sal julle nie vry wees nie. Julle sal in gevangenskap bly. Volg My, luister na My en wees gehoorsaam aan My. Hierdie sal die laaste uittog wees, want alles wat in die begin gebeur het, sal weer aan die einde gebeur. Die plae het alreeds begin. Kan jy dit in jou land onderskei? Onderskei jy die plae wat in die Gees gebeur? Water sal in bloed verander, paddas, luise, vlieë, peste, swere, hael, sprinkane, duisternis, dood van die eersgeborene. All hierdie plae sal losgelaat word op die mense en die land om My volk te laat gaan. Julle sal dan besef dat dit tyd is om My te volg, uit Egipte tot in die woestyn. Hierdeur sal julle op My fokus, want Ék moet julle fokus en daaglikse lewe wees, nie wêreldse plesier nie.”
EK MOET JOU LEIER WEES
“Hierdie geslag soek weer eens vir ‘n leier – enige groot leier om op te staan en beheer te neem. Tog soek julle steeds ‘n Saul. Hoekom kan julle nie verstaan dat Ek julle leier moet wees nie? ‘n Mens kan julle van My af weglei. Hoekom roep julle My nie aan nie? Ek sal julle daagliks lei en julle sal My beskerming hê indien julle My aanroep. Julle kla net onder mekaar en nog meer boosheid en paddas kom uit julle monde. Bose vuur word oor mense gespuug, en tog kan julle niks doen nie, want julle het nie met menslike krag te doen nie, maar met demoniese krag. Slegs deur My krag sal Ek die Farao stilmaak. Net Ek kan die rooi see (die weg) oopmaak en al diegene doodmaak wat julle teëstaan, vasvang en julle bind. Hoe lank sal Ek wag voordat julle My aanroep om julle uit Egipte te lei en om julle leier te wees?
Rig jou fokus op My, die Here. Verwyder jou fokus van mense, want hulle sal nie in staat wees om jou te kan help nie. As jy vashou aan mense, ‘n sisteem of godsdiens, sal jy agterbly. Slegs as Ek jou ALLES in alles is, jou ALLES, jou Maker, jou eerste Liefde, sal Ek jou uitlei en sal Ek jou deur My vuur en My wolk lei.
Kom neem hierdie stap van geloof saam met My. Los die sekuriteit van Egipte en stap saam met My terwyl Ek jou tot in My vryheid lei. Net Ek kan jou vryheid gee. Geen mens kan jou ooit vryheid gee nie. Dit is Ek wat vrylaat!”
3 Julie 2011
“Soos die ryp gars die begin van ‘n Nuwe Jaar bepaal, só sal Ek wys wanneer die uittog sal plaasvind. Jy sal weet deur My Gees. Jy beter voorbereid wees sodat jy nie My uittog mis nie, want Ek sal die weg vir jou baan en jy sal My volg. Selfs al lyk dinge onmoontlik, sal Ek die weg baan. Ek sal jou wys, deur My Gees, dat Ek jou Verlosser en Saligmaker is. Ek sal jou vrylaat.
Ek sal ‘n verbond met jou sluit dat, indien jy My gehoorsaam en My liefhet, Ek jou tot in die Beloofde Land sal lei. Jou fokus moet op My gerig bly, want indien jy na jou omstandighede kyk, sal jy aan jou Egiptiese lewenstyl terugdink. Baie is verlore in Egipte (die wêreld).”
MY SEUN IS DIE WAARHEID
“Toe Ek My Seun gestuur het om My op aarde te verteenwoordig, het baie mense Hom gevolg weens die wonderwerke en die wonders wat Hy gedoen het. Baie het Hom gevolg om deur Hom aangeraak te word, om gesond te word maar nie baie het by Hom gebly tot die einde toe nie, hoewel Hy deurentyd die waarheid gepraat het. Hy het slegs gesê wat Hy van My gehoor het. Leer van Sy lewe. Moenie My Seun volg net om gesond te word of aangeraak te word nie. Volg Hom omdat jy Hom liefhet en jy in die waarheid wil bly. Indien jy jou oë van die waarheid afhaal en op jouself (jou vlees) fokus, sal jy struikel en val. Indien jy My Seun vir die waarheid volg, sal Hy jou lei na My, jou Vader, wat jou eindbestemming is.
Deur My Seun en die Gees sal jy My aanraak. Soek My en jy sal die waarheid vind. Ons wil saam met die mens woon, die mens vul, om sodoende deel van Ons te wees. Ons: Vader, Seun en Gees woon in eenheid met mekaar, Goddelik Een, nogtans drie. Ons wil hê die mens moet dit ook deelagtig word: Goddelikheid, tog menslikheid, want Ons wil hê die mens moet soos Ons word in lewe en karakter, maar nie in Godheid nie.
HERSTEL DIE LAND VAN MELK EN HEUNING
“Ons soek mense wat gewillig is om hulle tydelik in Ons wildernis te vestig. Dit is sodat Ons hulle kan louter, opbou en gereedmaak vir die Millennium (Beloofde Land). Die herstel van die aarde in die Milennium sal die herstel van die land van melk en heuning wees. My volk, indien Ek Ons spioene stuur om die Beloofde Land te bespied, en daardeur woord van My oor die Millennium bring, weet dan dat Ek nie gelieg het nie. Dit sal inderdaad ‘n land wees wat vloei van melk en heuning. Daar sal groot rykdom en vrugte wees. Moenie jou geloof verloor en murmureer nie, want Ek sal aan jou die waarheid oor My land stuur. Weet verseker dat Ek weet wat die beste vir jou is en dat Ek beplan om jou goed te doen en nie kwaad nie. Moenie jou geloof in die wildernis verloor nie. Moenie terugkyk na Egipte nie. Onthou jy wat met Lot se vrou gebeur het toe sy slegs een keer teruggekyk het?
“…sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie…” (Gen. 19:17)
“En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het ‘n soutpilaar geword.” (Gen. 19:26)
“Dink aan die vrou van Lot! Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou”. (Luk. 17:32-33)
“My volk, julle moet weet indien Ek julle uitstuur te midde van julle slawemeester en Ek die weg aandui, dat dit die punt is waar geen terugkeer meer moontlik is nie. Indien jy jou geloof verloor, sal jy in die wildernis sterf.”
“Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word”. (Matt. 24:13)
“Wanneer jy op My fokus en nie op jou omstandighede nie, sal jy jou geloof behou en Ek, die Here Jesus, sal jou tot in die Beloofde Land neem. Ek sal soos ‘n Joshua wees wat jou oor die Jordaanrivier lei.”
4 Julie 2011
“Net soos My Seun opgevaar het na die hemel, so sal Hy weer op die wolke kom. Alles sal ‘n volle kringloop voltooi. Alles wat in die begin gebeur het, sal teen die einde weer gebeur. Net soos die twee bome in Genesis (die begin) en die twee bome in Openbaring (die einde). Dit is ‘n kwessie van eet en drink in Genesis (die begin), net soos dit ‘n kwessie van eet en drink in Openbaring (die einde) is. Wat begin is, sal voltooi word. Dit sal ‘n volle kringloop voltooi!
My volk, wanneer julle julself uit Egipte en in die wildernis bevind, sal Ek julle voed. Ek sal julle My manna gee. My manna is My daaglikse Woord wat Ek vir julle sal voer. Dit sal genoeg wees om julle daagliks te voed. Dit sal genoeg voedingskrag aan jou bied. Dit is baie belangrik dat jy hierdie manna sal eet, wat Ek daagliks aan jou sal gee. Dit sal jou oprig, want jy moet die swaard ontvang, die tweesnydende swaard wat nodig is in jou mond. Moenie verlang na die vleis, die Egiptiese voedsel, wat julle agtergelaat het nie. Julle moet julle fokus op My hou.
Ek sal ook aan julle ‘n rivier van water van My af verskaf. Drink van My lewegewende fontein. Indien julle dit drink sal julle glad nie dors word nie. Julle fokus in die wildernis sal wees om My te eet en te drink! Eet en drink was belangrik in die begin (Genesis). Eet en drink is belangrik aan die einde. Die kwessie van eet en drink is baie belangrik. Dit is ‘n basiese beginsel!”
“En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.” (Gen. 2:9)
“In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.” (Open. 22:2)
“En daar het ‘n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword”. (Gen. 2:10)
“En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.” (Open. 22:1)
GEE VRYELIK SOOS JY VRYELIK ONTVANG HET
“Indien jy in jou hart ‘n soeke het om My te hoor, indien jy daarna soek om My stem te hoor, indien jy begeer dat Ek met jou praat soos ‘n vriend, vra dit dan van My. Ek sal jou hart ondersoek, want Ek ken jou diepste wese. Indien jy My met ‘n skoon hart en hande vra en jy My gehoorsaam, sal Ek met jou praat. Maar neem kennis: Soos Ek vryelik aan jou gee, so moet jy vryelik aan ander gee. Indien Ek aan jou ‘n openbaring of ‘n geheim bekend maak en Ek jou opdrag gee om dit aan ander te openbaar, moet jy dit doen.”
“Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie. Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het. Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het; want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande” (Matt. 25:26-30)
“En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.” (Matt. 13:10-13)
“Wees daarom wys oor wat jy van My vra. Indien jy ‘n begeerte het om My beter te ken, om baie naby aan My te wees, sal Ek jou nader aan My trek. Dit is steeds jou vrye-wil keuse hoe naby Ek aan jou kan kom. Wanneer jy oorgee, kan Ek die Pottebakker wees en jy die klei en sal Ek jou vorm na die beeld van My Seun, want Ek wil baie seuns hê!”
“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders.” (Rom. 8:28-29)
VEG TEEN JOU VLEES
“Hoe vergelyk julle daaglikse lewe met Israel, My volk in die wildernis? Julle vind altyd iets om oor te murmureer. Hoekom is dit so? Is Ek nie jou al-genoegsame voorsiening nie? Wanneer jy deur die Gees leef en nie deur die vlees nie, is daar niks om oor te murmureer of bekommerd te wees nie. Jou oë sal onwankelbaar op My wees en jou eet en drink sal van My wees. Julle vlees is julle grootste vyand. Julle moet julle vlees beveg. Indien julle dors word en julle kan My nie waarneem nie, weet dan dat julle in die vlees wandel. Dit moet jy weet: jy is in die vlees wanneer jy dors en murmureer. Roep My Naam, want as jy My aanroep sal Ek saam met jou veg en jou vul met My Gees en jy sal begin drink van My lewegewende Gees. Dit is ‘n daaglikse en oomblik-tot-oomblik keuse wat jy moet maak. Kies om in die Gees te wandel. Die vlees sal jou niks baat nie. Deur die vlees sal dit ‘n moeilike reis wees en jou werke sal nutteloos wees. Wandel in die Gees deur My aan te roep, My te eet en drink en op My te wag. Dan sal Ek jou met olie vul en jy sal vol wees van die openbaring van wie Ek is.”
“dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van Sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van Sy erfdeel onder die heiliges is…” (Efe. 1:17-18)
“Vra hiervoor, dat Ek aan jou die wysheid en openbaring sal gee van wie Ek is.
O My volk, Ek spreek My Woord oor en oor tot julle. Die begeertes van My hart vertel Ek oor en oor aan julle. Ek verander nooit. Ek is altyd dieselfde. Ek begeer vir jou dat jy My moet liefhê met jou hele hart, en verstand, en siel, en om jou naaste lief te hê soos jouself. Ek spreek My Woord oor en oor. Wie sal luister en gehoorsaam wees? Tyd loop uit. Ek het gespreek. Ek het gespreek deur My profete. Ek spreek deur mense wat My nie eers ken nie. Ek het waarskuwings gestuur, aanhoudend. Soos julle nou al bewus is, is baie dinge besig om te skud. Ek skud lewe, natuur en julle. Julle sal dit met julle oë sien. Julle beter op die uitkyk wees vir My, anders sal Ek soos ‘n dief kom.”
“Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie. Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.” (Luk. 12:37-40)
“My volk, as jy die vlees oorwin, oorwin jy die wêreld (Egipte).”
“Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want My juk is sag en My las is lig.” (Matt. 11:29-30)
“Indien jy My wil volg, is dit nodig dat jy daagliks jou kruis opneem. Leer van My lewe!”
5 Julie 2011
“Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is Myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. Omdat jy kostelik is in My oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring My seuns van ver, en My dogters van die einde van die aarde af, elkeen wat na My Naam genoem is en wat Ek geskape het tot My eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.
Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het. Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!
Júlle is My getuies, spreek die HERE, en My kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is—voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.
Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie.
Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is My getuies, spreek die HERE, en Ek is God.
Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit My hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?
So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het. Ek is die HERE, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning.
Wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos ‘n lamppit uitgedoof.
Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om My volk, My uitverkorene, te laat drink. Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal My lof verkondig.
Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel! Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie. Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.
Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie. Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word. Jou eerste vader het gesondig, en jou tolke het teen My oortree.
So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge.” (Jes. 43)
“My woorde is waar en regverdig. Wie is daar wat met My kan meeding? Daar is geen ander God as Ek nie. Ek het die hemele en die aarde en al die sterre geskape. Ek benoem elke een. My kosbare kinders, wees bemoedig, Ek is vir julle. Wie kan teen julle wees?
Ek sal jou dra in swaar tye. Ek sal na jou omsien. Ek sal jou nooit begewe of verlaat nie want Ek is die riviere wat vloei in die wildernis. Ek sal jou verkwik. Ek sal jou rus gee. Steun op My, vertrou My en gee oor aan My!”
6 Julie 2011
“Luister! ‘n Saaier het uitgegaan om te saai.
En terwyl hy saai, het ‘n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.
En ‘n ander deel het op ‘n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie. En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.
En ‘n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig.
En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra. En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie. En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?
Die saaier saai die woord.
En dit is hulle wat langs die pad is—waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.
Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word— wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem, maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ‘n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.
En hulle by wie in die dorings gesaai word—dit is hulle wat die woord hoor, en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.
En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is—hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig.” (Mark. 4:3-20)
“My volk, wees waaksaam dat julle die woord hoor en dit ontvang en vrug dra. Daarom, My volk, moet julle saam met My deur beproewings loop sodat julle in staat sal wees om My, die Waarheid, te onderskei; sodat julle in staat sal wees om staande te bly wanneer pyn of vervolging kom; sodat julle uit die wêreld kan kom en nie vasgevang kan word in die bedrieglikheid van rykdom en die wellus vir ander dinge nie.
Kom terug na jou eerste liefde. Wees lief vir My, want Ek het jou eerste liefgehad. Kom in verhouding met My, want Ek wil jou van My daaglikse brood en wyn gee. Kom eet en drink My, want hoe meer jy My eet en drink, hoe meer sal jy soos Ek praat. Want as jy in My bly, soos Ek in die Vader bly, sal Ons een wees.
My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis. Maar indien jy My soek, sal jy die Waarheid vind. Baie soek na die waarheid en word vasgevang in allerhande dinge wat hulle as die waarheid beskou. Maar as jy My soek, sal jy die Waarheid vind, want dit is geskrywe, soek allereers die Koninkryk van God en alle dinge sal vir jou bygevoeg word.”
KOM IN VERHOUDING MET ONS
“Hoe langer jou wandel met Ons, hoe dieper groei die verhouding. Soos wat jy groei, sal jy besef dat as jy Christus as wins verkry het, jy alles as wins verkry het, want die Vader en die Seun is Een. Omrede Christus, verkry jy die Vader as wins. Ons begeer vir jou om ‘n verhouding met Ons te hê. O, My volk, hierdie is so belangrik, want as julle Ons het en één is met Ons, sal julle niks nodig hê nie. Jy sal in die perfekte plan van God se ekonomie (God se plan) wees. Jy sal in jou beskikte doel wandel, voorbestem voor die grondlegging van die wêreld.
Kom naby My kind. Net Ek kan jou beskerm, jou lei, jou help, jou red. Ek is nader as ‘n broer. Ek het jou liewer as jou moeder se liefde vir jou en Ek sal jou ‘n vriend noem!
Roep My aan; roep My Naam; soek My; vra My; roep My aan in waarheidsliewendheid. Sal jy My liefhê bo alles? Is Ek jou eerste liefde? Sal jy My volg en My gehoorsaam wanneer Ek met jou praat? Wanneer Ek vra “wie sal Ek stuur”, sal jy antwoord? Of sal jy weghardloop? Ek sê vir jou: “Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.” (Luk. 17:33)
Ek is die lig in die duisternis. Indien jy saam met My staan, kan die duisternis nie naby jou kom nie. Groot duisternis is besig om op die aarde te versprei. Indien jy nie in die lig is nie, sal jy in die duisternis wees. In die duisternis sal jy sterf. Waak daarom dat jou fokus op My bly en soos Ek beweeg, moet jy saam met My beweeg. Selfs in die wildernis moet Ek saam met jou veg, vir jou om vas te staan. Stap saam met My, in hierdie wildernis, dag vir dag, oomblik vir oomblik. Ek sal jou My berg op lei. Daar sal jy My aangesig sien.
My volk, as julle na My toe kom, moet julle julself heilig. Omdat Ek Myself geheilig het, kan julle dit ook doen.”
“En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.” (Joh. 17:19)
“My kind, indien jy geloof kortkom, vra en dit sal vir jou gegee word, want omrede jou geloof kan jy gesond word, vrygelaat en herstel word. Jy het geloof nodig om die wedren te voltooi. Indien jy jou oë op My rig, sal jou geloof versterk word. Moenie van hierdie wêreld wees nie. Vra dat jy beskerm sal word van die bose een.”
“Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.” (Joh. 17:15)
“Ek weet dat jy baie behoeftes het …want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen” (Matt. 6:8-13)
Die uiterste hartsbegeerte wat Ons vir Ons volk het, is: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” (Joh. 17:3). En dit is die ewige lewe!”
7 Julie 2011
“Jy is My kosbare besitting, want Ek is lief vir jou en verlang dat jy onder My skaduwee kom, in My geheime plek. My goedertierenhede is elke môre nuut. Kom nader, want Ek wag geduldig vir jou. Kom nader sodat jy die volheid van My plan kan sien.”
“Maar Moses het opgeklim na God toe, en die HERE het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig: Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het. As julle dan nou terdeë na My stem luister en My verbond hou, sal julle My eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is Myne. En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees…” (Exo. 19:3-6).
“My Gees sal jou op arendsvlerke dra uit Egipte en jou na My toe bring, indien jy dit van My vra. Net soos Ek hulle uit Egipte uitgebring het (die Israeliete), so sal Ek weer My volk uit Satan se vervolging in die groot verdrukking bring.
“En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.” (Open. 12:6).
“maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd.” (Open. 12:14)
“Ek sal jou inderdaad voed in die wildernis. Vir ‘n tyd sal jy gevoed word, en dan sal Ek My Bruid neem.”
“En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en Sy troon.” (Open. 12:5)
‘N GESKENK VAN VADER
“My kosbare Bruid, Ek sal jou wegraap, want jy het My liefgehad, My gehoorsaam en hierdie wêreldsisteem oorkom. Omdat jy My liefgehad het en My bo alles in jou lewe geëer het, sal Ek jou voor die Vader verhoog, want jy sal My kosbare Bruid wees. Ek het jou SO lief! Jy bekoor My hart, My Bruid! Die bruilofsfees sal jou geskenk wees aan My van die Vader. Ons sal dan in volle enigheid en eenheid kom, want jy en Ek, die Bruid en die Bruidegom sal ‘n ewige verbond sluit wat vir alle ewigheid sal staan.
Hierdie huweliksdag is Goddelik bestem en voorberei voor die grondlegging van die wêreld af, want op hierdie dag sal God volledig in die mens wees en die mens in God (nie in die Godheid nie). Ons sal Goddelik vermeng wees en jy sal outoriteit hê om nasies te lei met ‘n yster staf. O My Bruid, baie dinge wag op jou, want jy kan nie dít wat aan jou geopenbaar sal word, peil nie. My Vader sal jou verras en jy sal geseën wees en sal die geseënde van die Here genoem word. Want jy sal die Vrou van die Lam wees en ons sal een wees, soos Ek en die Vader Een is. Jy is in Ons beeld gemaak om hierdie einste doel te vervul. Ons en jy word een. Dit sal die Nuwe Jerusalem wees! Dit sal ‘n grootse, asemrowende en wonderbaarlike geleentheid wees. Daar sal vir ewig daaroor gepraat word! Want jy sal die merk van die Bruid ontvang, die vrou van die Lam en jy sal hierdie merk vir ewig hê! Wat ‘n voorreg! Jy is My kosbare skat en jy is Myne!
Nogtans, My volk, sal baie van My Liggaam (My Kerk) in die wildernis agterbly.”
“En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.” (Open. 12:6)
“En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het; maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd. En die slang het uit sy bek water soos ‘n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier. En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het. En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.” (Open. 12:13-17)
“Indien jy My liefhet, sal jy My gehoorsaam. Indien jy My gehoorsaam en tred hou met My, kan jy deel wees van My Bruid. Want jy moet gevul wees met olie, dit is My Woord, om deur My weggeraap te word. Tog, sou jy agterbly, sal Ek jou voed, maar jy sal deur die Antichris vervolg word.
Luister, My volk, julle leef aan die einde. Julle het al baie van die eindtye gehoor. Indien julle na My toe kom en My die waarheid oor die eindtyd vra, oor die openbaring van die tyd waarin julle leef, dan sal Ek julle oë open en aan julle die wysheid en openbaring van My gee. Moenie naïef wees nie, want My Woord is waarheid en elke woord wat uit die mond van God voortgaan sal waar word.”
DIE MANLIKE-KIND SAL WEGGERAAP WORD
“Om deel te wees van My Bruid – die manlike kind wat weggeraap word na My in die middel van die verdrukking – moet jy met olie gevul wees. Hierdie olie is die gevolg van toewyding om die Woord te lees en te verkondig; daarom ontvang jy die Swaard in jou mond. Jy sal verander word indien jy My woorde eet en My lewegewende Gees drink. Jy moet ook tyd saam met My spandeer en in stilte op My wag sodat Ek jou met olie van die Vader kan vul. Ons sal jou seën en baie openbarings aan jou wys indien jy tyd vir Ons maak en besef dat hierdie tye voor die einde kritiek is vir jou om die olie en die Swaard te kry. Enige iets anders waaraan jy meer tyd spandeer as aan My is ‘n afgod. Ek is ‘n jaloerse God. Ek sal hierdie afgode in jou lewe vermorsel. Dit sal genade en barmhartigheid wees wanneer Ek dit doen!
My kind, indien jy begeer om deel van My Bruid te wees, kom na My toe sodat Ek jou kan reinig. Vra My om jou vir die wegraping voor te berei. Ek sal jou voorberei indien jy vra. Wees bereid om van My te leer. Wees ontvanklik vir my lering. Lê al jou leringe en dogmas neer. Kom kry nuwe wyn van My. Gehoorsaam My dan soos Ek jou lei en leer, want Ek is jou Leermeester! Kom vra My die waarheid. Ek sal nie vir jou lieg nie. Ek sal jou die absolute waarheid wys. Vra net die waarheid van My en Ek sal jou My waarheid wys!
Die tyd loop uit, roep My aan en vra van My. Kom sit by My voete en leer van My!”
8 Julie 2011
“Ja, die wittebrood sal ‘n 1 000 jaar wees. Daardie spesiale dag, die huweliksdag van die Bruidegom (Jesus) en die Bruid, sal die begin wees van ‘n huweliksooreenkoms wat vir ewig sal duur. Ons sal een word, nogtans Goddelik twee, waarvan een die Drie-enige God is en die ander, jy! Ons sal as ‘n korporatiewe eenheid funksioneer, net soos ‘n man en ‘n vrou in ‘n liefdevolle verhouding. Die Bruidegom sal Sy Bruid liefhê en Sy Bruid sal Hom respekteer. Die Vader het ‘n wittebroodsgeskenk vir die Bruid en Bruidegom voorberei waarvan die geheim van hierdie geskenk weggesluit sal bly tot die bruilofsfees. Dit is die Vader se geskenk!”
EK SAL GRAAG MET JOU WIL TROU, MY BRUID!
“My Bruid sal My liefhê, soos ‘n vrou haar man liefhet? Sy sal My begeer soos Ek haar begeer? Het jy My so lief, My kind? Het jy My so intiem lief dat jy die ewigheid saam met My sal spandeer? Jy sal die vrou van die Lam genoem word. Wil jy My vrou wees? Wat ‘n voorreg sal dit vir My wees indien jy met My sal trou. Sal jy met My trou? Ek wil graag met jou trou, My Bruid! Die datum is vasgestel, die rok is reg en die Vader is gereed! Ek, die Bruidegom is gereed!
Het jy ‘n uitnodiging na hierdie huwelik ontvang? Wil jy ‘n uitnodiging na hierdie huwelik ontvang? Wil jy My Bruid wees?”
“En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak. En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak. Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Want baie is geroep, maar min uitverkies.” (Matt. 22:1-14)
“Die bruilofsfees is gereed! Wil jy waardig wees om geroep te word om genooi te word na hierdie huwelik? Indien jy My liefhet, sal jy My gehoorsaam. Indien jy My gehoorsaam, sal jy My toelaat om jou op die pad van geregtigheid te lei. Wees gehoorsaam, want Ek sal met jou praat, want jy moet die sisteme wat jou in slawerny hou, oorkom.”
EK IS NIE ‘N GODSDIENS NIE, EK IS NIE IN GODSDIENS NIE
“Indien jy My liefhet, gehoorsaam My en soek My vir die waarheid. Doen wat Ek jou opdrag gee om te doen en jy sal deel van My Bruid wees, want baie is geroep, maar min is uitverkies. My Bruid sal weet met wie hulle sal trou en net so sal die Bruidegom Sy Bruid ken. Indien Ek jou nie ken nie, omdat jy My nie intiem gesoek het nie, sal jy nie uitverkies word nie. My kind, indien jy begeer om My intiem te ken, wees net in verhouding met My. Ek is nie ‘n godsdiens nie. Ek is nie in godsdiens nie. EK IS God en Ek ken jou, nogtans begeer Ek dat jy My ken. Indien jy My soek, sal Ek Myself aan jou openbaar. Soek My daagliks, praat met My, lees My Woord, want Ek sal Myself aan jou openbaar. Wag op My in stilte, want julle lewens is so besig. Indien jy vir My tyd maak, sal Ek jou beloon as jy My toegewyd soek.
Vra My vir die Vader se perfekte wil in jou lewe en jy sal vind dat alle dinge ten goede meewerk omdat jy My liefhet. Ek sal jou seën en jou beskerm; Ek sal jou saam met My laat feesvier. Ek sal ‘n tafel vir jou voorberei voor jou teëstanders en slegs goedheid en guns sal jou volg al die dae van jou lewe. Ek is jou Herder.
Kom na My toe, My kind, kom spandeer tyd saam met My. Ek sal jou dinge leer wat jy nog nie weet nie. Roep My aan, want die Vader deursoek aanhoudend die aarde om dié te vind wat in geregtigheid lewe; dié wat in geregtigheid voor My staan. Eet en drink My daagliks. Eet My Woord, wat Ek is, en drink My lewegewende Gees wat uitgestort word op jou soos jy My Woord eet.”
“Ek is die brood van die lewe. Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is My vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee. Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons Sy vlees gee om te eet? En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Want My vlees is waarlik spys, en My bloed is waarlik drank. Wie My vlees eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het—nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.” (Joh. 6: 48-58)
“Soos jy My daagliks eet en drink, sal jy vol word van die kennis van wie Ek is en jy sal naby My wandel, want jy sal My hart ken. Dit is om in ‘n verhouding met My te wees! Onderwerp jou aan My en kom in onderdanigheid aan My, want ‘n slaaf kan nie groter as sy Meester wees nie. Ek is jou Skepper en Ek ken reeds die einde van die begin af. Sal jy My vertrou? Ek is lief vir jou en begeer net die beste vir jou. Kom na My toe My Bruid, kom en hardloop na My toe, want Ek begeer om jou met My liefde te vul en ‘n ewige verbond met jou te sluit! Kom My Bruid, want Ek wag op jou teergevoeligheid en jou liefde!
“En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.” (Open. 22:17)
“Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!” (Open. 22:20)
9 Julie 2011
“Dit is waar My kind, My gebooie wat Ek aan Moses vir die volk gegee het was nie om hulle te beperk nie, maar was vir hulle om My hart te verstaan - wie Ek is; dat Ek liefde is. Al die gebooie wat Ek neergeskryf het, bevat liefde, want as jy My liefhet sal jy My alleen liefhê (geen ander gode), jy sal nie afgode hê nie, jy sal nie My Naam ydellik gebruik nie, jy sal My Sabbatsrus onderhou, jy sal jou ouers eer, jy sal nie doodmaak nie, jy sal nie owerspel pleeg nie, jy sal nie steel nie, jy sal nie valse getuienis lewer nie, jy sal nie jou buurman se besittings begeer nie.
Dit is waar dat die Bybel ‘n Goddelike Romanse is wat Ek in My volk soek. Net soos Ek aan Israel verloof was, so maak Ek My Bruid die hof. Ek begeer ‘n liefdesverhouding met jou, My kind. Dit is My Goddelike plan dat jy in ‘n liefdesverhouding met My sal ingaan. Ek is jou Eggenoot.”
“Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is Sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.
Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik My aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.
Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie. Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar My goedertierenheid sal van jou nie wyk en My vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.” (Jes. 54:5-10)
“My begeerte is dat jy My liefhet. Net vir My. Indien jy enige iets of enige iemand meer as Ek liefhet, dan is dit ‘n afgod. Ek is ‘n jaloerse God en as Ek nie eerste in jou lewe is nie, sal jy dit mis wanneer Ek met jou praat, want jou fokus is nie op My nie. Jy sal die beloning hiervan sien, van die fokus op My en My wil, wanneer jy na My draai.”
BAIE SAL MISLEI WORD
“Julle beweeg in ‘n tyd waar baie mislei sal word. Dinge lyk goed, asof Ek ook daarby betrokke is, maar dit is nie altyd waar nie. Onthou, die prins van die wêreld kan ook tekens en wonders en wonderwerke doen. Waak daarom dat julle nie mislei word nie. Slegs Ek sal vir julle die waarheid van die leuen skei. Net Ek kan julle skerpheid van onderskeiding gee. Dit is hoekom dit so belangrik is dat julle die afgode verwyder en My eerste maak in julle lewe, omdat julle mislei sal word as Ek nie is nie.
Verleidende en misleidende geeste het in kerke en bedieninge ingegaan. Wanneer Ek eerste in jou lewe is en jy My vir die waarheid vra, sal Ek jou oë vir waarheid open en jy sal sien. Baie van My volk volg blindelings agter ander mense, pastore, predikante en leiers. Kom en vra My of iemand die waarheid praat. Nie alle lerings is uit My Helilige Gees gebore nie. Heelwat leringe is gebore deur verleidende en misleidende geeste. Toets die lering met My. Heelwat leringe kan nie teen My Woord getoets word nie, want baie dinge is nie opgeskryf nie. Maar Ek sal jou wys of iets waar of vals is.
My volk, dit is dringende, dringende tye. Indien jy in My lig wandel en jy in My teenwoordigheid bly, sal Ek jou die waarheid aangaande alle dinge leer. Volg My, want Ek is die ware wynstok.”
“Ek is die ware wynstok, en My Vader is die landbouer.
Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. Bly in My, soos Ek in julle.
Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Hierin is My Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal My dissipels wees. Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.” (Joh. 15:1-9)
EK ROEP VIR EENHEID IN MY KERK
“Wanneer jy My nie volg nie, maar ‘n persoon, pastoor of leier volg, sal jy mislei word en jy sal in duisternis wandel. My Liggaam moet saam wandel. Nie skape wat skape lei nie. Slegs Ek, die ware Herder, kan die skape lei. My Liggaam kan van mekaar leer, mekaar opbou en met mekaar meng, want as daar eenheid is in My Liggaam, sidder Satan.
Ek is die Hoof, die enigste hoof van die Kerk. Elke lid van My Liggaam moet heel eerste na My luister voor enige ander persoon, pastoor of leier. Wanneer Ek julle lei, sal julle op die pad van geregtigheid wees en sal julle onder My beskerming wees en sal Ek julle die waarheid leer. Julle oë sal oopgemaak word en julle sal bruikbaar wees in My hand.
Wil jy My dissipel wees of iemand anders se dissipel? Slegs as jy My dissipel is, sal jy die waarheid geleer word en sal jy Goddelike beskerming hê. Geen persoon, pastoor, leier, kerk of bediening kan jou bedekking wees nie. Is ‘n mens of sisteem jou bedekking? Hoe veilig is dit? Ek, die Here God, is die enigste ware bedekking, want Ek sal jou wegsteek onder die skadu van die Almagtige. Watter mens kan jou hierdie bedekking gee?
Om hierdie rede is almal gelyk in My Liggaam (kerk). Geeneen is bo die ander nie. My Liggaam moet op grond van eenheid funksioneer. Verwyder die verdeeldheid onder julle. Indien julle My die Hoof van die kerk maak en slegs op My fokus, sal die verdeeldheid verdwyn en My kerk sal My Liggaam word. Maak oop julle oë, maak oop julle ore, want Ek gaan My kerk skud, ontwortel, ruk, trek, vernietig en afbreek, want Ek wil hê sy moet My Liggaam word. Ek sal haar dan plant en bou en sy sal oorvloedige vrug oplewer.
Ek roep vir eenheid! My kerk, want as julle die verdeeldheid verwyder, die mensgemaakte leerstellings verwyder vanuit julle mure, sal julle in eenheid begin funksioneer. Die Vader se ewigheidsplan is dat julle in eenheid funksioneer. Al wat Ons sien is verdeeldheid! Sien julle dit nie? Is julle so verblind deur godsdiens en tradisie dat julle nie kan sien dat elkeen sy eie ding, gebaseer op mensgemaakte leerstellings, doen nie? Godsdiens en tradisie maak die werke van My Gees dood. My Gees sal nie ingaan waar mensgemaakte leerstellings verkondig word nie. Ek is nie in julle godsdiens en tradisies nie! Ek haat dit!”
“Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.” (Matt. 15:7-9)
“Verwyder julle mensgemaakte wette, julle tradisies, en julle godsdienstige opvatting uit My Vader se huis! Ek soek na mense wat staan op die grond van eenheid, waar slegs Ek, Christus, die Hoof en die middelpunt is. Dit is die kerk van Filadelfia. Die res van die kerke kan van hulle leer.”
“En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía:
Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het My woord bewaar en My Naam nie verloën nie.
Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. Omdat jy die woord van My lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.” (Open. 3:7-11)
“Die Vader begeer eenheid in My Liggaam. Ek roep vir eenheid in My Liggaam. Verwyder die verdeeldheid en fokus op My. Slegs in eenheid sal My Liggaam kan staande bly teen die duisternis wat nou oor die wêreld gaan kom. Wees ernstig oor My.”
“Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van My God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van My God skrywe en die naam van die stad van My God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van My God neerdaal, en My nuwe Naam. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” (Openb 3:12-13)
10 Julie 2011
“Ek stuur My ligdraers uit. Diegene wat die lig van My vuur ontvang het, stuur Ek oral oor die wêreld uit. Hulle sal menige vure aansteek met hierdie outoriteit en hulle sal die Lig, na baie nasies bring. Daardie ligdraers is My seuns, omdat Ek My seuns voor die grondlegging van die wêreld uitverkies het.”
“soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as Sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van Sy wil.” (Efe. 1:4-5)
Soos duisternis oor die aarde kom, so sal Ek My lig in die ligdraers vermeerder. Baie sal na die Lig binne-in daardie ligdraers getrek word, want Ek is die Lig binne-in hulle. My seuns is in My en Ek in hulle. Ek was die eerste Seun, gebore van baie seuns uitverkies deur die Vader. Die Vader begeer baie seuns, want ons is Goddelik en korporatief vermeng tot die Vader se plan.”
“Want ons is Sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” (Efe. 2:10)
Onthou, Ek is Jehova, jou God wat jou uit die land van Egipte sal bring, uit die plek van slawerny. Onthou, Ek sal jou op arendsvlerke uitneem en My bedoeling is om jou tot in die Beloofde Land te bring. Land van melk en heuning. Dit sal die Millennium wees wanneer Ek My Koningskap kom herstel en My volk My sal help om die aarde te herstel. Dit sal dan die land van melk en heuning wees.
My volk, die wildernistyd sal binnekort gebeur. Julle staan aan die begin hiervan. Vra daarom van My om julle uit die huis van slawerny, hierdie siel-lewe, hierdie wêreldse lewe, te lei. Want slegs My werk wat Ek gespreek en geseën het, sal oorbly. Alles anders sal tevergeefs wees. Julle wil nie in Egipte of selfs in die wildernis agtergelaat word nie. Sonder My, sal julle sterf. Verlaat julle Egiptiese denke en siellewe omdat julle ‘n keuse het in wat julle saai, want julle sal julle keuses in die ewigheid maai.”
WEES NEDERIG EN ONDERDANIG AAN MY
“Luister na My wanneer Ek praat. Hoewel die dinge wat Ek vra swaar of moeilik mag lyk, sal dit nie wees nie, want Ek sal My Gees en My engele stuur om jou te help, jou te rig, jou te bedien en jou te beskerm. Al hierdie “moeilikhede” sal daar wees om jou te toets, om te sien wat regtig in jou hart is. Dan sal jy weet en Ek sal weet wat in jou hart teenoor My is. Wees net nederig en onderdanig aan My. Wees lief vir My, gehoorsaam My en jy sal guns in My oë vind en Ek sal jou seën. Jy sal vir Farao sien, jy sal die plae sien en jy sal My Goddelike beskerming sien.
Ek sal jou wonderbaarlik lei in die wildernis met My wolk en vuur, jou voed met My manna en water. Sal jy uit die luukshede van die siellewe kom? Asook die wêreld-lewe waarvoor jy so lief geraak het? Sal jy My ten volle gehoorsaam en in ‘n liefdevolle verhouding met My staan? Ek begeer ‘n volk wat My daagliks in Gees en Waarheid sal aanbid, nie net op ‘n Sondagmôre nie. Dit moet ‘n daaglikse toewyding aan My wees. Offer jou Egiptiese lewenstyl daagliks op, jou siel-lewe vermaak. Sal jy jou siel-lewe vermaak opoffer en neerlê vir My?
Ek is die rots en uit My vloei lewende water. Ek sal jou dors les met ewige lewende water. Kom drink van My. O My volk, Ek het gesterf vir julle; om opgewek te word om sodoende uitgestort te word in julle; om een te wees met julle. Ek kan nie volledig een word met julle terwyl julle in Egipte dwaal nie. Ek wil Myself vergroot in julle. Kom eenkant, want Ek wil julle afsonder. Julle sal nie van hierdie wêreld wees nie, maar slegs in hierdie wêreld. Kom My kind, kom na My toe, begeer My, soek My, roep My aan. Want Ek verlang om Myself as die Drie-enige God aan jou te openbaar.”
DIE BESLISSENDE TOETS
“Die tyd het aangebreek vir die beslissende toets op die menslike ras. Julle is nou by die begin van die einde. Die uittog uit Egipte tot in die wildernis sal nou begin. Dit sal ‘n toets wees vir jou liefde vir My, jou uithouvermoë en jou gehoorsaamheid. Godsdiens is nie langer ‘n speletjie nie, want Ek is nie daarin nie. Ek begeer ‘n ware verhouding met jou.
Baie dinge staan op die punt om te gebeur. Jy is verblind indien jy nie kan sien dat ons by die begin van die einde is nie. Vra My om die sluiers van jou oë te verwyder, want slegs absolute gehoorsaamheid aan My sal jou deursien tot aan die einde toe. Indien jy nie My wil kan onderskei nie, vra My hoekom jy nie kan onderskei nie. Maak tyd vir My, want die tyd hardloop deur die uurglas, en kyk, Ek kom gou!”
MY VRIENDE SAL OP DIE UITKYK WEES
“Geen mens ken die dag of die uur van My koms nie, maar vir diegene wat in My bly, My liefhet en My eer, sal Ek die seisoen van My koms openbaar. Ek sal soos ‘n dief in die nag kom, maar Ek is nie ‘n dief vir dié wat Ek vriend noem nie. My vriende sal op die uitkyk wees, want hulle sal onderskei dat hulle Here kom, in die seisoen wat Ek aan hulle bekend sal maak.”
Skepper God en ewige Vader, ek erken U as my HERE!
Jesus Christus, my verlosser, aan U bring ek dank en eer. Ek glo U het aan die kruis van Golgotha gesterf vir my sondes. Ek glo U het opgestaan uit die dood en U lewe by die Vader; U het my vrygekoop met U bloed en ek behoort aan U. Daarom wil ek vir U alleen lewe en wil ek gereed wees as U weer kom om my te kom haal.
Vader, ek staan skuldig voor U en teenoor my naaste vir my lewenswyse en verkeerde handelinge. Ek erken my sonde en tekortkominge. As U kind kom buig ek nou voor U met ‘n berouvolle hart en vra om vergifnis. Was my skoon met die bloed van die Lam, Jesus Christus en ek sal witter as sneeu wees en geen sonde sal meer teen my gereken word nie. Ek dank U daarvoor.
Ek vergewe nou elkeen wat my kwaad of leed aangedoen het.
Bewaar my teen die listigheid van die verleier.
Heilige Gees, openbaar aan my al die dinge wat my verhinder om die wil van die Vader in my lewe ten volle uit te leef.
Wek in my ‘n gewillige gees, en rus my toe, o Here, om te alle tye gehoorsaam te wees aan U roepstem. Gebruik my in U Koninkryk en betoon aan my U genade. AMEN
Tag der Veröffentlichung: 29.02.2016
Alle Rechte vorbehalten
Widmung:
AUTHOR’S ACKNOWLEDGEMENTS
I want to thank God the Father, Jesus Christ His Son and His Holy
Spirit for entrusting me with this task to do the will of the Father.
Thank You for calling me before the foundation of the world to help
call forth Your precious Bride. Thank you for Your grace and mercy.
Thank you for being my God, for being my Father, for being my King,
for being my Helper for You inspire and bless me daily. I love You,
my Lord!
I want to thank those who pray for me daily and always loving me and
accepting me for being me. I especially want to thank my family and
friends.
I want to thank Adri Malan and Ellie Landman for their help in editing this book.
Glory to the Father!
Glory to the Son!
Glory to the Spirit!
These Three are One!