Alle dank aan God die Vader, Sy Seun Jesus Christus en Sy Heilige Gees, vir hierdie taak wat aan my toevertrou is om die wil van die Vader te doen. Dankie dat ek reeds voor die grondlegging van die wêreld geroep is om te help om U Bruid uit te roep. Dankie vir U genade en barmhartigheid. Dankie dat U my God, my Vader, my Koning en my Helper is, want U inspireer en seën my daagliks.
Ek het U lief, Here!
Ek wil vir almal dankie sê wat daagliks vir my bid en altyd lief is vir my en my aanvaar vir wie ek is. Ek wil veral vir my familie en vriende dankie sê.
Baie dankie ook aan Adri Malan en Ellie Landman vir hulle hulp met die redigering van die boek.
Eer aan die Vader!
Eer aan die Seun!
Eer aan die Gees!
Hierdie Drie is Een!
INLEIDING
HOOFSTUK 1: MY WARE DAWID’S
HOOFSTUK 2:..DIE HERE MAAK DIT SWAAR OM ‘N KONING TE WEES!
HOOFSTUK 3: KOM TE STAAN VOOR DIE REUSE
HOOFSTUK 4: GEHOORSAAMHEID
HOOFSTUK 5: MY PERFEKTE WIL
HOOFSTUK 6: WEES INTIEM MET MY
HOOFSTUK 7: ‘N OOP DEUR
HOOFSTUK 8: O DROЁ BENE, HOOOR DIE WOORD VAN DIE HERE!
HOOFSTUK 9: ONGEHOORSAAMHEID
HOOFSTUK 10: EK ROEP VIR EENHEID
GEBED
Die Here het gesê dat hierdie boek ‘n waarskuwing sal wees vir diégene wat deur Hom geroep is, maar wat nie Sy roepstem in gehoorsaamheid geantwoord het nie, asook, waarom die Here diegene sal seën wat in gehoorsaamheid wandel, want Hy sal byvoeg by dié wat reeds het en sal wegneem by dié wat niks het nie.
“Ek is ernstig wanneer Ek jou roep om iets te doen. Ek sal jou gehoorsaamheid seën as Ek jou vra om iets te doen. Indien jy My Woord nalaat of ignoreer, sal Ek jou salwing, outoriteit en koningskap verwyder en dit vir iemand anders gee, wat My wel lief het en wat aan My gehoorsaam is. My Dawid’s sal ‘n dubbel porsie ontvang, omdat Ek die salwing, outoriteit en koningskap van die Saul’s verwyder het. Die Saul’s luister na en gehoorsaam mense. My Dawid’s luister na en gehoorsaam My. Gee aandag aan hierdie waarskuwing; wees ernstig oor My, wanneer Ek jou roep – jou antwoord sal bepaal wat jy in die ewigheid oes.
Kies! Wil jy My seun Dawid genoem word?”
DIE REIS
Op 20 Julie 2010, het die Here die volgende vir my gesê:
“Jy gaan ‘n boek skryf oor die eindtyd. Dit is jou skeppingsdoel.” Ek het ervaar dat die Here vir my sê dat dit nie maklik gaan wees nie omdat mense dit nie gaan aanvaar nie. Slegs die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’) gaan dit aanvaar. Die boek sal wees vir Sy Bruid, die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’). Die boek sal handel oor die voorbereiding vir die Koning se terugkeer en sodat dié wat nie weet nie, gewaarsku kan word. “Die boek sal ‘n geskenk vir My Bruid wees. Dit is vir diegene wat My liefhet, en wat na die waarheid soek, en uitroep: ‘Vertel ons meer, Here, net die waarheid, Here!’ Die boek sal oor Jesus handel. Jesus is die sleutel. Jesus moet julle fokus wees en Jesus is julle bestemming.”
Al hierdie is opgeneem in die eerste boek, Die Finale Roep, wat op 22 April 2011 begin het toe die Here my opdrag gegee het om alles neer te skryf wat Hy sê. Die tweede boek, Die Uittog, wat op 1 Julie 2011 begin het, openbaar hoe die Here Sy kinders uit Egipte (die wêreld) uitroep om vir die Beloofde Land (Millenium) voor te berei. Die boek wat jy in jou hand hou, My seun Dawid, is die derde boek.
Ek is slegs gehoorsaam om die wil van die Vader te doen. In 2009 het ek begin bid dat die Here my die absolute waarheid oor Hom en die eindtyd sal wys. Hy openbaar inderdaad die waarheid aan my. En, soos ek vryelik ontvang het, so moet ek vryelik gee.
22 Augustus 2011
Ek sien skuiwe plaasvind. Groot strukture wat beweeg word, in plek beweeg word.
Ek vra die Here: “Here, wat is hierdie strukture en hoekom beweeg hulle?”
Die Here antwoord: “Al die strukture wat in plek beweeg word is die groot legkaart wat gepas word. Met alle mensegeskiedenis word die legkaart nou ‘n prent, nog nie 100% herkenbaar nie, maar die buitelyn is daar. Groot skuiwe sal nou op aarde begin plaasvind, om die legkaart van die menseras te voltooi.
Diegene met oop oë sal wonderlike en groot gebeure sien en sal deel daarin! Diegene wat My liefhet en My gehoorsaam, sal verheug wees daaroor, want My boek Openbaring sal voor hulle oë vervul en voltooi word. Wat ‘n bevoorregte geslag. Diegene wat teen My is, sal groot pyn en angs verduur oor wat naderend is op aarde.
Slegs deur My oë sal jy die rede sien waarom Ek al hierdie dinge toelaat om na die aarde te kom. Slegs diegene wat wakker is, sal die tekens van My koms ken, want sien, Ek kom gou. Geseënd is jy wat vervolg word ter wille van My Naam.”
VERVOLGING
“Wat is vervolging? As jy My liefhet, My gehoorsaam en saam met My stap, en as gevolg daarvan geoordeel word deur mense wat vol eiegeregtigheid, selfsugtige ambisie, trots en haat is omdat jy My liefhet, My kan hoor en My Woord verkondig as Ek jou beveel het: Dit is vervolging.
Kyk na My profeet Jeremia. Hy was My ware profeet. Hy het die waarheid gepraat en die waarheid gedoen soos Ek hom beveel het, maar eiegeregtige, selfsugtige mense van My het hom gehaat omdat hy die waarheid gepraat het. As gevolg van trots het hulle My nie in hom herken nie. Hulle het nie die waarheid in Jeremia herken nie. Dit is wat dit beteken om vervolg te word ter wille van My Naam.
Net so het soortgelyke mense binne My Liggaam die ware Dawid’s gestop. Julle trap op My ware Dawid’s. Die hart en karakter van Dawid wat Ek in baie van My seuns en dogters geplant het. Hierdie Dawid’s is Myne, want Ek het ‘n tafel vir hulle voorberei, te midde van hulle teenstanders. Want net goedheid en guns sal hulle volg al die dae van hul lewe.”
OORKOM DIE SISTEEM
“Nou is die tyd om My ware Dawid’s, My ware heersers en regeerders, bekend te maak, want My Dawid’s sal saam met My heers en regeer vir 1 000 jaar. My Dawid’s het dubbeld die porsie ontvang vir koningwees, want Ek het van Saul weggeneem en dubbeld aan My seun Dawid gegee.
Ek het jou lief, My seun Dawid, want jy weet in jou hart dat Ek jou geroep het as My ware koning voor My. Omdat jy My liefhet met jou hele hart, siel en verstand sal Ek jou oprig en hoog aanstel. Ek sal jou naam groot maak. Alle nasies sal jou naam ken, want Ek het jou naam in die stad van Dawid geskryf. Jy sal geliefd wees deur die mense en jy sal oor hulle heers met reg en geregtigheid omdat jy by My geleer het deur baie jare in die woestyn en deur baie jare onder die voete van die Saul’s.
Omdat jy rein gebly het te midde van groot boosheid, het jy groot guns in die oë van My Vader ontvang. My seuns (Dawid’s), daar is net ‘n paar jaar oor om julle op te lei om koning te word. Min jare oor, om julle te leer om ‘n koning voor My te word.
Julle sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, indien julle oorwin. My seuns, hierdie, is ‘n groot toets om die sisteem van dominansie, manipulasie en beheer te oorwin. Indien julle wel oorwin, sal Ek aan julle die môrester gee.”
“En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. En Ek sal hom die môrester gee. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” (Open. 2:26-29)
“My seuns, hierdie, is baie belangrik om te verstaan. Julle moet die sisteem oorwin. Ek is in geen sisteem nie. Ek leer nie dogma en valse leringe nie. Ek praat net die waarheid. Ek praat oor die Vader en die Vader praat oor My. Want Ons is die Waarheid. Tensy die fokus op My is, is die sisteem vals.
Ek, Christus, hou alles bymekaar. Moenie mislei word deur mense wat oor My praat en My Naam in hulle lering gebruik nie. Ek sal jou die waarheid vertel. Vra van My die waarheid. Vra van My om die ware toestand van iemand se hart te ontbloot. Ek sal jou die waarheid leer en wys as jy dit van My vra, want Ek is die enigste Hoof. Ek is die enigste Herder. Stap saam met My, want Ek sal alle waarheid aan jou bekendmaak.”
23 Augustus 2011
Ek sien ‘n harp, die harp van Dawid.
Toe sê die Here: “My Dawid’s se harte speel ‘n lied, elke een ‘n unieke lied. Daardie hartklop (musiek), daardie lied kom in My troonkamer en dit dans voor My. Elke Dawid-hartklop dans vir My en dit verheug My, want My Dawid’s het ‘n hart vir My en daardie liefde vir My dans ‘n liefdeslied voor My.
My kind, klank sterf nooit nie. Die oomblik wat jy ‘n woord sê of ‘n klank voortbring, beweeg daardie klank aan en aan en aan en vorm die wêreld soos dit beweeg. Net so eggo die liefde van My Dawid’s se harte ‘n unieke liefde deur alles en skep dit ‘n atmosfeer van liefde, genade, vrede, en guns. My Dawid’s word omring deur hierdie atmosfeer wat deur hul harte geskep is. Ek, die Here, geniet hulle en het hulle lief en het die atmosfeer lief wat hulle met ‘n enkel hartklop skep, want My kind, elke woord van lof aan My Seun, Jesus, sal eggo deur die ewigheid. Elke woord van vriendelikheid teenoor iemand anders, sal daardie een bou en vorm. Net so sal elke woord van oordeel, vervloeking of negatiewe woord jou omgewing affekteer en sal dit jou lewe affekteer en jy sal die vrug van jou tong eet.”
“Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.” (Spr. 18:21)
“Jy het die vermoë om te skep met ‘n enkele woord wat jy spreek. Jy kan dinge in wording spreek.”
EK HOU DAARVAN OM GROOT DINGE OOR JOU TE DROOM
“Indien Ek jou ‘n stuk van ‘n legkaart wys of ‘n droom in jou hart plaas en daardie visie of droom blyk te groot te wees, wees verseker dat dit van My is, want Ek droom graag groot dinge oor jou en Ek wil daardie groot dinge aan jou openbaar. Soos jy My vra om jou die waarheid te wys oor hoe Ek jou sien, moet jy daardie visie en droom oor jou lewe uitspreek. Ek is die Meester-planter. Ek kan die saad van grootsheid plant, maar jou woorde kan die groeikrag en voeding voorsien wat nodig is om daardie plant tot wasdom te bring. Die woorde van jou mond dra groot outoriteit. Wees wys hoe jy jou woorde gebruik, want jy skep lewe of dood met woorde. Jy sal spreek wat in jou hart is.”
MET GROOT OUTORITEIT SAL JY SPREEK
“Omdat My Dawid’s se harte rein is sal hulle met groot outoriteit uit ‘n rein hart praat en baie mense sal beïnvloed word. Baie groot dinge sal gebeur indien jy die outoriteit gebruik wat aan jou gegee is, vanuit ‘n rein en nederige hart, wanneer jy gehoorsaam is aan My. Oorweeg die volgende:
“Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het. Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het.” (1 Sam. 17:45-46)
“My Dawid’s, indien julle met My outoriteit spreek en julle doen dit in My Naam, sal julle sekerlik die vrug en die resultaat daarvan sien. Ek sal jou vyand in jou hand gee. Indien jy uitgaan en jy vertrou en roep My aan om jou te bevry, dan kan jy die woord spreek en met daardie outoriteit in jou mond, sal dit gebeur soos jy dit sê. Ek het dapperheid in jou hart geplaas. Moed om selfs leeus te beveg. Indien jy vertrou en op My steun en My jou vesting maak, sal Ek jou beskerm en jou bo jou vyande oplig.”
JY IS GEBORE VIR 'N TYD SOOS DIÉ
“My Dawid’s, julle is gebore vir ‘n tyd soos dié. Ek sal jou oprig in hierdie uur, want jou tyd is nou om vinnig in jou koninklike posisie in te beweeg. Ek wil jou oplei in jou opleidingsfase voordat Ek jou die staf sal gee om saam met My in die Millennium te heers en te regeer. Die opleiding mag moeilik lyk by tye, maar volhard en druk deur, want die Here maak dit swaar om ‘n koning te wees!
Deur baie beproewinge sal jou karakter gevorm word om My koning Dawid te weerspieël. Hoewel hy My liefgehad het met ‘n rein en nederige hart, moes Ek hom steeds oplei om koning vir die nasies te wees. Net so moet Ek My Dawid’s nou oplei. Ek het jou gesalf om koning te wees, baie jare gelede. Vir jare het jy saam met die Saul’s geloop om jou weg te baan, maar Ek sal jou nou rig en weglei van die Saul’s, uit jou gemaksone uit. Op hierdie oomblik moet jy vlug vir jou lewe, anders gaan die Saul’s jou doodmaak (jou gees en siel). Jy sal in die woestyn invlug, want daar, sal Ek My finale toetsing in jou doen. Jou finale afronding voordat Ek jou sal oprig om koning vir My volk en nasies te wees.
Sou jy kies om nie die teenwoordigheid van Saul te verlaat nie as gevolg van die vrees vir verwerping of die vrees vir verlating, sal jy jou erfporsie verloor en sal Ek dit vir iemand anders gee. Wees ernstig en gehoorsaam wanneer Ek jou roep om gehoorsaam te wees aan My. Jy kan jou koningskap, outoriteit en salwing verloor en dit sal ‘n blywende effek hê (soos Saul). Kies vandag: Luister na My stem en My perfekte wil of luister na die stem van mense (soos Saul). Die keuse wat jy maak sal jou toekoms vir ewig bepaal!”
30 Augustus 2011
Elke Dawid moet voor ‘n Goliat te staan kom in hulle lewensreis. Jy sal voor meer as een Goliat te staan kom in jou lewe.
Ek, die Here, sal die Goliats stuur om jou te toets en jou te louter, om te sien of jy op My kan vertrou en staatmaak as jy ‘n reus teëkom in die vlees. Jy sal oorwin saam met My wanneer jy deur My Gees gelei word en doen soos Ek onderrig.
Net soos Dawid een klippie moes gebruik om die reus te verslaan, so sal Ek van jou vereis om jou swaard en rots op te neem en te doen soos Ek onderrig. Ek sal nie net die reuse met weerlig verslaan, soos jy baie keer hoop Ek doen nie.
Ek wil hê dat jy jou hand aan die ploeg sal slaan omdat Ek jou wil lei en onderrig, omdat veldslae gewen of verloor sal word vanuit jou hand. Ek het dit vooraf bepaal dat Ek deur mense wil werk en die wêreld deur mense wil oorwin – mense, geskep na My beeld.
Daarom My Dawid’s, moenie bang wees vir die reuse wat voor julle opstaan nie, want Ek sal met julle wees en tien duisend sal by julle voete val. My Gees sal met jou wees en Ek sal jou oorwinning gee oor groot veldslae en jy sal saam met My regeer, want jou hart is in ooreenstemming met My hart.”
EK SAL JOU AS KONING SALF
“Dankie My kind omdat jy My wil doen. Baie mense in die wêreld en selfs mense wat My volg, het jou verkeerdelik geoordeel omrede hulle nie My raad gevra nie, maar eerder na ander en die stem van die vyand geluister het. Al My ware Dawid’s is verkeerdelik geoordeel deur die wêreld en selfs hulle families. “Want jy is bloot ‘n skaapwagtertjie”, sou hulle sê.
Maar Ek het jou as koning gesalf. Ek kyk slegs na die hart en as Ek daardie Dawid-hart vind, sal Ek jou as koning salf, want jy sal saam met My heers en regeer. In My oë onderskei Ek nie tussen man en vrou nie. Ek kyk slegs na die hart. My Dawid’s kan óf manlik óf vroulik wees. Want die hart is nie manlik of vroulik nie.
Gehoorsaamheid is beter as slagoffers. Daarom, gehoorsaam My, wees lief vir My en doen My wil. Indien jy hierdie dinge doen, sal jy geseënd wees en jou erfporsie sal vir ewig geseënd wees.
Vra My om jou ‘n visie van die toekoms te gee. Nie jou aardse perspektief nie, maar ‘n visie buitekant die aarde grense want daar is nog heelwat om openbaar gemaak te word en baie gebeure in alle ewigheid wat nog sal plaasvind.”
VRA GROOT DINGE VAN MY
“Jy moet My vra om jou uit jou ingeperkte wêreld los te breek, want Ek wil jou seën. Ek weet alles, selfs wat jy sal kies uit jou vrye wil, tog gee Ek jou ‘n keuse om te kies uit jou vrye wil. Indien Ek jou ‘n kykie in die toekoms gee, moet jy My vertrou dat Ek dit sal laat geskied. Die Dawid’s vertrou op My. Moenie bang wees vir wat Ek jou gaan wys of vir wat Ek van jou gaan vra nie. My wil is om goed aan jou te doen. Wees net lief vir My, gehoorsaam My en Ek sal groot dinge aan jou openbaar en wys.
My kind, Ek wil hê jy moet neerskryf wat jy geleer het, sodat My kinders groot dinge van My kan vra. Soos jy sê: “Dink groot, probeer om selfs groter te dink en vra dan die dinge wat in jou hart is”. Dis Ek wat die begeertes in jou hart geplaas het.”
“En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk.” (Efe. 3:20)
My kind, jy seën My, want Ek geniet die manier waarop jy My vir geestelike seën vra. Jy het My ses jaar gelede gevra dat jy ‘n Moses vir Suid-Afrika wil wees; dat jy mense uit Egipte wil lei. Jy het gedink dit was groot, daarom het jy dit gevra, want soos jy gesê het, jy sal dit wat jy gevra het, toets teen die Woord. My kind, hoewel dit blyk om iets groots te wees om te vra, sal die resultaat vermenigvuldig word ver bo wat jy kan verstaan. Jy sal baie uit Egipte uitlei. Jou versoek om baie uit Egipte uit te lei sal vermenigvuldig word ver bo jou begrip.
Wat hulle in My Naam vra, met My perfekte wil, sal Ek hulle mee seën ver bo wat hulle ooit kan begryp, want jy seën My wanneer jy hierdie groot dinge dink en van My vra. Jy toon dat jy weet dat Ek God is, dat niks onmoontlik is vir My nie en dat Ek alles en enige iets kan doen. Omdat jy My eer, sien Ek hierdie as ‘n teken van respek. Indien jy groot dinge van My vra, dan sal Ek jou eer. Al die begeertes vir jou, het Ek alreeds in jou hart geplaas. Daarom, vra My jou begeertes, wees lief vir My en Ek sal jou seën.”
1 September 2011
“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie. Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.” (Ps. 1:1-6)
“Dit is waar dat diegene wat ongehoorsaam is aan My wil en onderrig, sal vergaan en niks sal staan wat hulle gebou het nie. Al hulle woorde en dade sal as niks gereken word nie.
Diegene wat in My bly en gehoorsaam is aan My, sal Ek oprig en seën. Hierdie gehoorsaamheid is om daagliks met My te wandel en deur My onderrig te word. Soos Ek spreek en sê, só moet jy doen want My gedagtes is ver bo jou gedagtes en My planne ver bo jou planne. As Ek daarom van jou vra om iets te doen, of om vir iemand te sê of te doen, moet jy gehoorsaam wees. Abraham het My stem gehoorsaam en soos Ek hom onderrig het, so het hy gedoen. As gevolg van hierdie gehoorsaamheid was hy regverdig in My oë. As gevolg van hierdie gehoorsaamheid aan My het Ek hom geseën en bewaar.
Gehoorsaamheid aan My is essensieel vir die skep van jou ewigheidserfporsie. Diegene wat daagliks aan My gehoorsaam is, wat doen soos Ek aanwys sonder om toe te gee, sonder om in die wêreld te wees, sal baie ontvang. Ek het baie van My kinders getoets. Diegene wat My toetsing verduur het en volhard het en gehoorsaam was sonder om toe te gee, sal opgerig word om een van My seuns te wees. Die seuns sal luister en doen soos die Vader onderrig want Ek het My seuns opgerig vir ‘n tyd soos dié!”
EK SAL NUUT MAAK IN HIERDIE SEISOEN
“Soos ons lente ingegaan het, so sal My Gees met ‘n nuwe smaak en aanraking uitgestort word. Hierdie seisoen sal Ek My Gees op My seuns uitstort, want hierdie seisoen sal Ek hulle verkwik. Baie dinge sal Ek nuut maak in hierdie seisoen, want Ek sal opnuut elke area van hulle lewe aanraak.”
“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.” (Joel 2:28-29)
“Ek stort Myself uit oor My seuns want My seuns moet verkwik en gelouter wees omdat ‘n groot taak voorlê en Ek sal deursettingsvermoë, outoriteit en verantwoordelikheid van My seuns vereis.”
DIE SLEUTEL VAN DAWID
Daarom moet julle luister na My onderrig en stem, My seuns. Ek is op die punt om ‘n beweging te begin. Dit sal die sleutel van Dawid wees wat Ek vir My seuns sal gee. Dit sal die deur wees wat oopgaan wat niemand sal kan toemaak nie.
My seuns sal opstaan en soos Ek hulle saamvoeg, sal reuse opstaan, want My seuns wat saamwerk in ‘n groep sal reuse vorm en My reuse sal die vyand vernietig en verslaan. Elkeen van My seuns wat ‘n struikelblok oorwin, soos die oorwinning oor ‘n sonde of die oorwinning van ‘n sisteem, sal Ek kan gebruik, want as jy oorwin, verkry jy outoriteit oor daardie sonde of sisteem en dan is jy gekwalifiseerd om daardie geveg te veg teen die owerhede en magte en sal jy wen. Indien jy oorwin sal Ek jou outoriteit gee om die vyand dood te maak met daardie outoriteit en deur My genade.”
ONTVANG MY OUTORITEIT
“Daarom, My seun, vra My om jou voor te berei en te posisioneer om My outoriteit te ontvang want Ek is besig om My kapteins, My luitenante en My soldate op te stel vir die grootste veldslag ooit geveg. Jou gehoorsaamheid aan My, jou daaglikse gehoorsaamheid aan My sal bepaal waar jy geplaas gaan word in die range van hierdie leërmag. En natuurlik sal jou gehoorsaamheid die eer bepaal wat jy ná die oorwinning van My gaan ontvang.
Vra van My om aan jou te openbaar wie jy is in My. Weet jy wie jy is? Ek het jou vir ‘n spesifieke doel geskape, ‘n Goddelike koninklike doel om te volbring op aarde. Weet jy wat dit is, My kind? Vra My om jou te wys wat jou doel hier op aarde is, want nou is die tyd dat Ek sal openbaar wat Ek van jou vereis, sou jy My vra. Ek wil in jou hart inspreek en My gedagtes en planne wat Ek vir jou het, openbaar.”
“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.“ (Jer. 29:11)
“Kom sit by My in stilte, dan kan Ek in jou hart inspreek. Leer My sodoende ken, want jy sal My stem herken indien jy vir My tyd maak. Wag op My in stilte en Ek sal met jou praat. Skryf neer wat Ek met jou in die nag-uur praat. Elke gedagte en woord wat jy ontvang terwyl jy in stilte voor My sit, moet jy neerskryf, want Ek sal ‘n legkaart begin bou en die storie sal Ek jou stukkie-vir-stukkie vertel en daardie dinge wat Ek aan jou sal openbaar, sal jy sien sal voor jou oë geskied. Wil jy deel wees van die eindtyd-waarheid? Wil jy ingesluit wees met die wete van dít wat op die punt staan om te gebeur, en soos dit gebeur, sal jy weet en verstaan dat Ek jou hierdie dinge vooruit vertel het?”
“Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” (Amos 3:7)
7 September 2011
“Baie van My seuns het die hart van Dawid ontvang. Sommige weet dit, ander nie.”
Hier ervaar ek dat die Here wil hê ek moet noem dat indien Hy van “My seuns” praat, dit ook “Sy dogters” insluit.
Baie, met die hart van Dawid, kom nie tot stilstand sodat Ek met hulle kan praat nie. Ek wil ‘n magtige werk en ding in en deur My Dawid’s doen. Hierdie seuns het outoriteit van My om met mense te praat en hulle op te rig uit hulle omstandighede en om die mense op My te laat fokus. Mense sien dit as om ‘n talent te hê. Nie waar nie. Slegs met My seëning en salwing en korrekte tydsberekening, sal Ek die outoriteit verhoog en verbeter om jou groot dinge te laat doen.
Ek is op die punt om hierdie outoriteit aan My Dawid’s te gee, want dit is amper tyd vir My seuns om op te staan in outoriteit en met durf en vuur in hulle monde te praat. Slegs diegene wat naby My wandel, My gehoorsaam, My liefhet, My soek en in stilte op My wag – My hart soek – sal Ek seën met tweevoudig, selfs drievoudige outoriteit in die komende seisoen. Jy sal veel vrug dra indien jy in My bly.”
KAN JY MY HOOR WANNEER EK PRAAT?
“Julle moet leer om saam met My te wandel, My te vertrou en gehoorsaam te wees indien Ek julle roep en met julle praat. Julle moet by daardie plek uitkom, sodat indien Ek praat, julle My sal gehoorsaam sonder vrae. Kan julle My hoor wanneer Ek praat? Vra My om enige blokkasies te verwyder indien julle nie My stem kan onderskei nie. Die tyd is nou om julself voor My te reinig. Ek wil julle oprig, My seuns, want die hele aarde wag vir die seuns om bekend gestel te word.”
“Ek is besig om te gee en te plant, maar Ek het jou vrye wil nodig om in ooreenstemming met My perfekte wil te kom. Onderwerp daarom jou lewe en wil aan My wil, dan sal dit goed gaan met dít waarin Ek jou sal inlei. Wanneer jou vrye wil in ooreenstemming is met My perfekte wil; wanneer jy altyd na My wil vra en My wil doen – bo jou wil – dan kan Ek jou waarlik gebruik en oprig na ‘n dimensie waarvan jy nie eers ‘n begrip of droom het of waarvoor jy My vertou het nie. Jou vrug en beloning sal groot wees en jou naam sal geseënd wees.”
EK SOEK NA GEHOORSAAMHEID EN ONDERWERPING AAN MY WIL
“Gehoorsaamheid aan My – selfs as dinge moeilik en ongelooflik blyk te wees – en totale onderwerping aan My perfekte wil, sal waarlik ewige seën bring. Diegene wat saam met My stap met gehoorsaamheid en onderwerping aan My perfekte wil, is soos Abraham. Alhoewel Ek hom getoets het en hy in ‘n oomblik sy vrye wil gevolg het, het hy teruggekom en hom weer onderwerp aan My perfekte wil.
Wanneer My oë die aarde deursoek, soek Ek vir gehoorsaamheid en onderwerping aan My wil. Gehoorsaamheid en onderwerping aan My sal jou goed doen, beter as waarvoor jy ooit kan bid. Ek sal jou vir ewig oorvloedig seën wanneer Ek dit by jou vind – totale gehoorsaamheid en die keuse van My perfekte wil.
Om gehoorsaam te wees en My perfekte wil te kies, sal “buite die natuurlike” blyk te wees en soms moeilik of selfs verregaande, maar vandag sê Ek vir jou, Ek sal elkeen beloon vir hulle deel wat hulle opgegee het om My wil te doen, en Ek sal verseker wegneem van diegene wat hulle eie vrye wil bo Myne gekies het.
Jy sal sekerlik die verskil in mense sien, want gehoorsaamheid bring seëning en ongehoorsaamheid bring vervloeking.”
“As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.
Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld. Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug. Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee. Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel.
En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die HERE oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees. En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met ‘n eed beloof het om aan jou te gee.
Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie. En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen, en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.” (Deut. 28:1-14)
16 September 2011
“Vandag plaas Ek ‘n profetiese groen kleed oor My seuns, oor My Dawid’s. Van vandag af sal hulle praat met ‘n nuwe stem, ‘n stem met outoriteit. Net soos in die dae van ouds, sal ‘n profetiese salwing oor en op My seuns kom, want die tyd is hier dat My seuns My woorde sal spreek. Die woorde en Goddelike wil van die Vader.
Baie jare het Ek julle vir hierdie taak voorberei, My seuns. Baie van julle het heelwat swaarkry, ontberinge, vervolging en toetse deurstaan. Ek het julle baie genade gedurende hierdie louterjare gegee. Ek was altyd by julle, selfs wanneer tye swaar en onredelik geblyk het. Daardie dinge in die lewe het vir ‘n rede gebeur. Ek gebruik alle omstandighede om julle te louter en te vorm na die beeld van My Seun, Jesus Christus, ook bekend as Jeshua.”
MY NAAM IS JESHUA
“Ek maak Myself klein genoeg dat selfs klein kindertjies na My toe kan kom en My kan verstaan. My naam is Jeshua. Baie noem My Jesus. Ek kyk na die hart wanneer jy My aanroep. As jy My “O Geliefde” noem, al is nie My Naam nie “Geliefde” nie, ken Ek jou hart en sien Ek binne in jou hart. Hiermee wil Ek sê dat indien iemand My aanroep en My Jesus noem, Ek na die hart kyk en in daardie hart sal Ek sien of daar waarheidsliefde en liefde vir My is. Jy kan My ook “Geliefde” noem, want Ek begeer om jou geliefde te wees! Indien jy so intiem met My is, kan Ek diep en intieme dinge met jou praat.
Waarom is dit dat mense dit vreemd vind dat hulle intiem met My behoort te verkeer? Om intiem met iemand te verkeer behels veel meer as net ‘n fisieke daad. Jy kan en behoort meer intiem met My te verkeer, want Ek ken elke gedagte en gedeelte van jou. Ek ken jou! Begeer jy om My beter te ken? Ek sal My liefde en deernis en vrede oor jou vrystel en jy sal verstaan dat Ek in jou wil woon en Myself in jou wil vergroot. Jy is geskape na My beeld vir ‘n spesifieke rede. Jy is nie deel van die Godheid nie, maar hoe nader jy aan My loop, hoe meer sal jy soos Ek word in lewe en natuur, soos Ek vergroot in jou. Dit is om intiem met My te verkeer. Dit is Ek wat daagliks meer en meer moet word in jou. Die intimiteit kom wanneer jy daagliks ‘n verhouding met My bou. Soek daagliks My raad en wees lief vir My en gehoorsaam My daagliks. Hierdie intimiteit is veel meer as wat ‘n man en vrou kan deel. Dit is tussen My en jou.”
JY SAL MY BRUID WEES
“Ek berei jou voor vir jou troudag, My bruid, want hierdie dag sal die volmaakte uitdrukking wees van die liefde wat Ek vir jou het. Jy sal My bruid wees en jy sal die vrou van die Lam word. Jy is so kosbaar in My oë.”
“Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie.” (Hoog. 4:7)
“So kosbaar in My oë. Ek het jou lief met ‘n ewige en ewigdurende liefde. Sal jy intiem met My verkeer sodat Ek jou kan voorberei om My bruid te wees? Ek moet intiem met jou verkeer om jou voor te berei om My bruid te wees. Soos wat Koningin Ester vir ‘n tyd voorberei was vóór sy reg was om die Koning te ontmoet, net so moet Ek jou voorberei om met My te trou, My bruid. Sal jy My vertrou, dat Ek jou sal voorberei indien jy jou sal oorgee aan My? Kom nader aan My. Nooi My in jou lewe, hart en hele wese in. Ek wil My lewende water in en deur jou laat vloei want Ek begeer om ‘n ewigdurende verbond met jou te sluit.
Kom vra My om jou te leer hoe om intiem met My te verkeer. Kom sit daagliks by My voete en soek My met jou hele hart. As jy My soek, sal jy My vind. Ek sal Myself aan jou openbaar, indien jy My ywerig soek. Deur My te soek, sal jy intiem met My verkeer. Met jou daaglikse gehoorsaamheid en liefde aan My, sal Ek jou lei tot ‘n ewige verbond en rykdom met My. Kom en verkeer intiem met My.”
KIES DIE PERFEKTE WIL VAN DIE VADER
“Soos die groen profetiese kleed op My getroue en gelouterde seuns val, so sal nuwe vars woorde uit hulle monde kom en mense sal weet dat Ek, die Almagtige Vader, plesier en genot put uit seuns wat gehoorsaam is aan die Goddelike wil en plan van die Vader, selfs tot die punt dat hulle hul eie begeertes, drome en hoop moes opoffer. Vir elkeen wat iets in sy lewe opgee om My wil te doen soos Ek hulle vra om te doen, sal Ek meer as dubbel vergoed vir wat hulle opgegee het om My wil te volbring.
Daar is geen groter toewyding en liefde teenoor My as om die perfekte wil van die Vader te doen deur jou eie vrye wil op te offer nie. Om die perfekte wil van die Vader te kies, sal aan jou ‘n groot en blywende beloning bring, omdat die Vader jou sal seën en beskerm en jy sal guns vind in Sy oë. Kies Sy wil bo alles in elke besluit wat geneem moet word.
Indien jy besluit om jou vrye wil te kies, kan jy so maak slegs omdat Ek jou die geskenk van vrye-wil keuse gee, maar jy mag dalk verkeerd kies en in die teenoorgestelde rigting opeindig van wat My Goddelike plan en doel vir jou was.
Indien jy My perfekte wil kies en vra na My perfekte wil, sal jy altyd die kop wees en nie die stert nie. Ek sal jou meer gee, want jy is waardig om vertrou te word met veel meer, as gevolg van jou wysheid omdat dié met wysheid en goeie begrip altyd My perfekte wil sal kies. Vra na My perfekte wil in alle omstandighede en Ek sal dit aan jou bekend maak. Wees wys in wat jy vra. Vra na My perfekte wil, aangesien dit vir jou eie voordeel en beskerming sal wees.”
18 September 2011
“En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.” (Open. 3:7-8)
“Hierdie deur van outoriteit en salwing is op die punt om oop te gaan vir My Dawid’s: vir dié wat nie My Woord of My Naam verloën of onteer nie; vir dié wat My liefhet en My gehoorsaam selfs tot op die punt van opoffering van alles in hulle lewens. Vir diegene is Ek op die punt om die deur oop te maak. Dubbeldeure van geleentheid en outoriteit. Omdat EK IS en as Ek so sê, sal dit gebeur soos Ek sê.”
EK SAL DEUR MY PROFETE PRAAT
“Ek sal alles altyd openbaar vóór dit gebeur, want Ek sal altyd eers deur My profete spreek. My profete word gekies, gesalf en goedgekeur deur die Vader. Moenie aan My profete raak nie. Tensy jy van My hoor, is jy nie aangestel om enige een van hulle te oordeel nie. Net Ek kan jou sê wat is ‘n vals woord en wat is ‘n waar woord. Jy kan nie daardie oordeelsbesluit maak tensy Ek dit aan jou openbaar nie. Ek sien dit nie as ‘n onbenulligheid wanneer jy op My profete trap nie. Indien jy dit in die verlede gedoen het, hulle geoordeel het, dan moet jy voor My verskyn en berou betoon, want hulle is My boodskappers en vir elke profeet wat jy verkeerd oordeel, oordeel jy My direk. Betoon berou sodat Ek weer jou ore en oë kan oopmaak om die waarheid te sien en onderskei.
Ek sal deur My profete spreek omdat Ek kies om deur hulle te spreek. Bring elke woord wat jy hoor van ‘n profeet voor My sodat Ek kan bevestig of dit waar of vals is. Dit is hoe jy sal leer wie My ware profete is. Onthou die prins van die wêreld het sy vals profete.”
WARE PROFEET ELIA TEENOOR VALS PROFEET ISEBEL
“Wandel jy naby My sodat Ek jou die absolute waarheid kan wys? Hoe sal jy weet wie is die ware profeet Elia en wie is die valse profeet Isebel? Beide sal jou woord gee wat soos heuning op jou lippe sal smaak maar is daardie woord waarheid en kom dit van My hart? Wanneer jy naby My wandel sal Ek jou hand neem en Ek sal jou in alle dinge onderrig. Ek sal jou waarheid van valsheid wys en Ek sal jou die hart van mense wys. Ek sal jou wys wat in die hart is, want die hart bevat alles van ‘n mens. Wanneer jy ‘n valse profeet Isebel teëkom, sal sy jou met haar charisma en haar sjarme die hof maak (kan of in ‘n man of vrou wees). Sy sal jou prys en jou vertel hoe spesiaal jy is. Sy sal jou verlei en wanneer sy jou het, sal sy jou verwerp, jou domineer en jou manipuleer. Jy sal voel asof jy wil sterf, soos Elia. Ná die uitwissing van 850 valse profete het hy weggehardloop van een vrou af. Net een.”
JY KAN HAAR OORWIN
“Jy kan die gees van Isebel wat jou huis, jou kerk, jou werk en jou lewe binnegedring het, oorwin. Om daarvan weg te kom moet jy ophou om dinge uit die vlees te doen. Kom na My toe, toon berou en laat Ek jou gesond maak. Dan moet jy in die Gees wandel en My toelaat om jou te wys wie jy in My is. Hou op om diegene wat Ek geroep en gesalf het af te breek, want vir elkeen het Ek ‘n deel in die Liggaam bepaal. Julle moet deel wees van een Liggaam. Elkeen het ‘n verskillende funksie om te verrig.
Indien jy hierdie Isebel-gees onderskei, wat iemand (man of vrou) eers verlei, dan verwerp, manipuleer, beheer en domineer, vra My om daardie een te bevry want Ek kan hulle inderdaad bevry. Julle moet hulle onvoorwaardelik liefhê, maar moet nooit aan hulle toegee nie. Luister na My, want hierdie gees van Isebel sal probeer om jou uit te wis. Hierdie gees sal teen My ware profete en leiers opstaan.”
“En skryf aan die engel van die gemeente in Thiatíre: Dít sê die Seun van God wat oë het soos ‘n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper: Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.
Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet. En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie. Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie. En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie. Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.
En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. En Ek sal hom die môrester gee. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” (Open. 2:18-29)
“Hierdie is die tyd dat Ek ‘n nuwe outoriteitsmantel vir My ware profete, My Elia’s, sal gee. Hulle sal met dapperheid en moed spreek en hulle sal groot dade doen want Ek, die Here, het dit so bestem. Die Vader sal die vuur in hulle monde plaas en hulle sal hemel en aarde oopmaak en toemaak soos die Vader beveel. Hierdie Elia’s en My Moses’se sal die voorlopers vir die twee getuies van Openbaring 11 wees.”
“En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer. Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan. En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word. Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.” (Open. 11:3-6)
“Moenie mislei word in die tye waarin julle is nie. Dinge lyk nog nie asof julle reg aan die einde is nie, maar dit is inderdaad so. Julle is inderdaad in die laaste boek van Openbaring. Dinge sal binnekort in plek val en dan sal dinge baie vinnig gebeur.
Is jy gereed om van aangesig tot aangesig voor My te staan? Het jy My bo alles lief? Kies jy My bo alles? Wil jy My bruid wees? Wil jy saam met My in die 1 000 jaar regeer en heers? Antwoord My met opregtheid en Ek sal jou die begeertes van jou hart gee, want dit is Ek wat hulle daar geplaas het.”
‘N BEWEGING WAT DEUR MY INGESTEL EN GESEËN IS
“Ek sal ‘n bal van vuur in hierdie land aansteek wat sal versprei oor ander nasies reg rondom die wêreld. Wil jy deel wees van hierdie beweging wat Ek op die punt is om te begin?
Ek sal jou dan voorberei, jou salf en jou aanstel. Dit sal opgeskryf word dat jy deel van hierdie groot beweging was – begin en verorden deur God Almagtig, waar Jesus, My Seun, in die voorgrond sal wees en ‘n groep van 300 (simbolies, soos met Gideon) sal opstaan en saam met My beweeg. Hierdie sal ‘n beweging wees wat deur My verorden en geseën is. Ek vertel jou voordat dit gebeur. Hierdie beweging van vuur sal ‘n groot beweging wees, één wat julle herlewing sal noem. Dit sal in hierdie land gebeur want Ek het julle gekies, julle afgesonder, en julle gesalf, My geliefde volk van hierdie land, Suid-Afrika vir Afrika.”
29 September 2011
“Hierdie is die eerste dag van die Nuwe Jaar. ‘n Nuwe jaar vir My volk, Israel, My Joodse volk. Dit is inderdaad ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe seisoen, ‘n nuwe begin. Baie dinge sal nuut blom. Baie dinge sal in die Gees voortspruit. Ek stort My Gees uit oor diegene wat gehoorsaam is aan My, wat gehoorsaam is in My. Diegene wat My hart en My raad soek, sal Ek seën en Ek sal hulle salf en outoriteit gee om deure oop en toe te maak.”
EK IS BEDROEF
Tog word Ek bedroef deur My kinders, diegene wat My in hulle hart het en My selfs opreg bely, maar steeds nie My stem gehoorsaam nie. Waar is My ware kinders wat sal opstaan wanneer Ek spreek en doen wanneer Ek vra? Hoewel dinge wat Ek vra moeilik, vreemd en abnormaal blyk te wees, is al wat Ek vereis, 100% gehoorsaamheid aan dit wat Ek vra. Ek sal jou die genade gee om te doen wat Ek vra en as jy doen wat Ek vra, sal Ek jou seën ver bo wat jy kan droom.
Hoekom is dit so moeilik om opregte toegewyde mense te vind wat My sal gehoorsaam en slegs My perfekte wil sal doen? Ek deursoek aanhoudend die aarde, tog vind Ek slegs ‘n paar. Wil jy My waarlik dien? Doen dan wat Ek jou sê om te doen. Wees slegs gehoorsaam in wat Ek jou vra om te doen. Gehoorsaam jy mense of gehoorsaam jy My? Indien jy nie doen wat Ek jou beveel nie, sal jou werk moeitevol wees en jou arbeid sal sonder vrug en tevergeefs wees.
Kan My ware Liggaam asseblief opstaan! Profeteer oor hierdie dooie bene, Deborah. Sê vir hierdie droë bene om op te staan.”
“Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE! So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word. En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is.” (Ese. 37:4-6)
“Hierdie woord sal uitgaan en dit sal tot uitvoering kom want My Liggaam moet opstaan vanuit haar slaap, want die Bruidegom kom! My Liggaan moet vir die bruilofsfees voorberei. Hulle moet vir My koms voorberei. Aan diegene wat My koms verwag, aan diegene wat begeer dat Ek, hulle Here, sal kom, sal Ek My seisoen van My koms bekend maak. Baie binne My Liggaam verwerp My steeds, want baie in My Liggaam begeer nog steeds nie om werklik te weet wie Ek regtig is nie. Hulle glo Ek is iets wat Ek nie is nie.”
MY BRUID, WIL JY MY INTIEM KEN?
“Binne hierdie Liggaam, sal My Bruid begeer om My intiem te ken. My Bruid sal My hart soek, My raad soek, My wysheid soek, My stem soek, My soek! My Bruid sal My liefhê en sal My gehoorsaam. Wil jy My intiem ken? Begeer jy dat Ek My hart vir jou gee? Kom na My toe met jou hele hart. Gee My jou hart en liefde. Lê jou lewe en drome neer. Indien jy dit neerlê en jou hart vir My gee, sal Ek My hart vir jou gee. Jy sal gevul word met My Gees en Ek sal My liefde oor jou uitstort want jy sal ‘n kosbare besitting vir My wees. Dan sal jy die appel van My oog wees!
Ek luister na die gebede van diegene wat My liefhet. Ek kyk slegs na die hart. Niks is weggesteek vir My nie. Ek sien alle dinge. Kom en maak reg voor My. Kom en toon berou sodat Ek jou kan wit maak soos sneeu en jou kan skoon was, want Ek kom net vir ‘n vlekkelose bruid. Indien jy kom en op My wag, by My voete sit in stilte, in die stilte van die nag. Ek sal jou dinge leer en geheime aan jou openbaar indien dit jou begeerte is om meer te weet.
Begeer jy die oë van ‘n arend? Wil jy ver in die toekoms sien? Wil jy die geheime van die Millennium weet? Ek, die Here, ken alle dinge. Ek ken die einde alreeds van die begin af. Ek sal jou baie dinge wys. Maar, kan jy My liefhê en My gehoorsaam?”
EK KIES MENSE OM SPESIFIEKE TAKE TE VERRIG
“Dit is waar dat Ek begeer om deur mense te werk. Ek kies mense om spesifieke take te verrig. Sou jy gekies word om ‘n taak te verrig en jy is ongehoorsaam, sal Ek jou tyd gee om berou te betoon. Maar as Ek sien dat jy nie My wil gaan doen nie, sal Ek daardie taak van jou wegneem en vir iemand anders gee. Ek sal ook jou outoriteit en seën vir iemand anders gee. Wanneer Ek iemand roep en hulle is slegs gehoorsaam na ‘n ruk, vertraag en rek daardie persoon ‘n proses uit wat nagevolge het vir heelwat mense. Dit beteken eintlik lewe of dood vir ‘n ander persoon, tog weet jy dit nie.
Daarom, wanneer Ek jou vir ‘n taak of tot gehoorsaamheid roep, doen dit in die tyd wat Ek sê en nie in die tyd waarna jy voel nie want jou onmiddellike daad van gehoorsaamheid kan baie, baie lewens verander. Jy kan My frustreer met jou passiwiteit. Daarom, staan op wanneer Ek praat en doen soos Ek beveel, want Ek sal jou inderdaad seën indien jy getrou en gehoorsaam is aan My stem.
Wees wys – kies My perfekte wil en My perfekte tyd.”
1 Oktober 2011
“My kinders, baie van My volk ly hier op aarde as gevolg van mense se ongehoorsaamheid aan My. Julle bid en roep uit na My om iets in julle lewe te laat gebeur of vir ‘n deur om oop te maak, en omdat Ek deur mense werk, kan Ek ‘n mensehart sag en buigsaam in My hande maak. Wêreldse mense weet nie wanneer Ek hulle harte sagmaak om ‘n deur oop te maak vir een van My kinders nie.”
WIE DINK JY IS EK?
“Hoekom is dit dat as Ek in die hart van een van My eie kinders inspreek, en hulle dit wel besef, hulle dit wat Ek van hulle vra doelbewus uitstel? So baie mense kry seer as gevolg van hierdie selfsugtige daad, hierdie totale ongehoorsaamheid aan My versoek. Wie dink jy is Ek?
Verstaan jy nie dat as jy doen wat Ek jou vra, jy dan guns van My sal ontvang nie? Dan verstaan jy nie as Ek jou nie antwoord wanneer jy My vra om jou te bevry, jou te seën en te lei nie. Omdat jy My oneer aandoen wanneer Ek jou tot gehoorsaamheid roep, kan Ek jou nie voor My Vader eer nie. Die dood en verwoesting wat julle aan ander en julleself bring is groot. Hou op om so selfgesentreerd en selfsugtig teenoor My en ander te wees.”
HIERDIE IS 'N GRUWEL IN MY OË
“As jy ongehoorsaam is rebelleer jy teen My. Dit is ‘n gruwel in My oë. Jy moet kom en al jou ongehoorsaamheid teenoor My bely. Vra My om vergifnis omdat jy in die ewigheid sal oes wat jy gesaai het. Indien jy nie kom en regmaak met My nie sal jy geoordeel word vir al jou ongehoorsaamheidsdade teenoor My.”
BLOED OP JOU HANDE
“Indien jy ongehoorsaam is frustreer jy My Goddelike plan. As jy na My toe kom, sal Ek jou vergewe en dan moet jy opstaan en die man of vrou wees wat Ek jou geroep het om te wees voor die grondlegging van die wêreld. Jy moet My dan vra om daardie mense en situasies wat met verwoesting getref is as gevolg van jou ongehoorsaamheid, gesond te maak en te herstel. Daar sal nagevolge wees as gevolg van jou ongehoorsaamheid. Met ander woorde, daar sal littekens wees maar Ek kan daardie littekens gesond maak.
Verstaan jy wat jou daad van ongehoorsaamheid beteken? Moenie ‘n dwaas wees nie, want ‘n dwaas luister na die raad van die mens en vertrou sy eie oordeel. ‘n Wyse man luister en soek die raad van die Here. Hou daarom, op om ongehoorsaam aan My te wees. Dit is ‘n sonde en tensy jy berou betoon, sal die bloed van die mense op jou hande wees en sal jy daarvoor verantwoordelikheid gehou word. Dit is inderdaad baie ernstig. Tensy jy My Woord wat Ek spreek ernstig opneem, sal jy die vrug pluk van dit wat jy doen.
Die mense wat gely het en pyn verduur het as gevolg van ‘n ander se ongehoorsaamheid en daad van eie vrye wil, wat nie in ooreenstemming was met My perfekte wil nie, se littekens sal Ek gesond maak. Jou erfporsie vergroot net met elke ongehoorsame daad (van ander) teenoor My Woord en teenoor jou want Ek, die Here, neem kennis van al hierdie gruwels teen jou.
As Ek gevra en seën uitgespreek het oor My kinders om jou te seën en jou die begeertes van jou hart te gee, maar as gevolg van hulle rebelse daad van ongehoorsaamheid teenoor My, word jy beroof van daardie seën, sal Ek dubbel herstel aan jou met elke daad van ongehoorsaamheid teenoor jou. Jy sal ook hierdie seën in ewigheid oes.”
MY GEHOORSAME DIENAARS
“Hou aan om op My te fokus, en weet dat Ek jou liefhet en My planne vir jou is om jou goed te doen. Dit is nie Ek wat teen jou is nie, want My begeerte is om jou op te rig. Wie My gehoorsaam sal Ek My vriend noem. Ek het hulle met ‘n ewige liefde lief.
Weet dit: alles wat nie ‘n deurbraak in jou lewe op hierdie oomblik is nie, sal nog steeds gebeur want Ek beplan om My gehoorsame dienaars te seën. Diegene wat, ten spyte van totale isolasie, steeds doen en sê wat Ek sê sal Ek oprig want die ewigheidsseën op My gehoorsames sal vir ewig bly.
Vergewe dié wat teen jou oortree asook diegene wat jou ‘n onreg aangedoen het deur nie My leiding te volg nie, want Ek, Die Here, sal met hulle handel. Ek sal hulle tyd gee om berou te betoon, en as hulle dit nie doen nie, sal Ek hulle oordeel.
Neem daarom kennis dat Ek weet van jou lyding onder die hande van die ongehoorsames. Dit is alles opgeteken. Ek sal jou herstel. Bly gehoorsaam aan My en aan dit waarvoor Ek jou geroep het, selfs as dinge guur lyk of as daar geen lig in die tonnel is nie. Ek sal jou deurbraak en seën bring. Wag vir My tydsberekening.
Die ongehoorsames frustreer My en My tydsberekening, maar Ek sal vir jou veel meer doen as wat jy kan dink of bid. Hou net aan om vir My uit te kyk, in My te bly, My lief te hê en My te gehoorsaam. Ek sal jou rus gee in My. Ek sal jou littekens gesond maak en Ek sal jou dubbel vergoed vir wat die sprinkane gesteel het. Vertrou My! Die eindresultaat sal ‘n blywende vrugtevolle seën hê, omdat Ek vir jou kom en Ek jou liefhet.”
3 Oktober 2011
Ek ervaar berge. Die Here sê toe: “In hierdie berge hoor jy My stem.”
Ek vra toe vir die Here: “Here, is dit nie wat Moses vir U gesê het nie?”
Toe antwoord die Here: “Inderdaad, My kind. My stem eggo deur die berge. My stem ry op die winde en baie hoor dit, maar hulle kan dit nie interpreteer nie, want Ek maak My geheime en My woorde bekend slegs aan dié wat Ek kies. Diegene wat ‘n opregte hart het. Diegene wat een fokus het: Ek.
Elke oomblik stel Ek iets nuuts uit My mond vry. Slegs hulle, naby aan My, wat wandel in geregtigheid met My, sal hierdie woorde hoor; ‘n vars openbaring en die interpretasie daarvan. Vir ander sal dit net ‘n klank wees, nie interpretasie nie, soos die klank van water of die klank van wind. Wie begeer om daagliks ‘n vars openbaring te ontvang? Vars, verborge manna daagliks?”
“Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.” (Open. 2:17)
INDIEN JY OORWIN SAL EK JOU DIE VERBORGE MANNA GEE
“Is jy deel van die kerk wat getroud is met die wêreld? Kom en bespreek dit met My. Kom na My en vra My die waarheid, want as jy die agteruitgang van die wêreldse kerk oorwin, sal Ek jou die verborge manna, wat Ek, Christus is, gee. My oorwinnende soekers sal My vind. Hulle sal al die oorvloed in My vind, want Ek sal meer en meer aan hulle openbaar soos hulle die sisteem oorwin en My soek vir die absolute waarheid. Het jy by My gehoor wat die waarheid is? Die waarheid van My Goddelike plan? Weet jy regtig wat My doel is vir jou lewe? Het een of ander persoon jou vertel wat die waarheid is? Het een of ander persoon jou van jou doel in die lewe vertel of oor jou geprofeteer?
Ek, die Here, El Shaddai, jou Skepper wil die absolute waarheid aan jou openbaar. Ek wil openbaar wat jou skeppingsdoel is. Kom na My toe en soek die antwoord by My. Moenie opgee totdat Ek jou antwoord nie. Soms moet jy met My stoei om jou erfporsie te ontvang.
Ek begeer om jou die waarheid oor My te wys, oor My bruid, My Liggaam, en My Kerk. Slegs as daar Eenheid in My Liggaam is, met geen verdeeldheid nie, dan is Ek in jou midde. Ek begeer dat My Liggaam in Eenheid funksioneer want Ek is die enigste Hoof. Ek verlang om My waarheid oor Eenheid aan My Kerk en My Liggaam te openbaar. Wanneer gaan My volk My aanroep sodat Ek aan hulle die grootsheid van Eenheid kan openbaar? My ware Kerk sal slegs opstaan wanneer Eenheid voorkom, waarvan die fokus slegs Christus en die Woord sal wees. Alle mensgemaakte dogma behoort weggesit te word. Fokus slegs op Christus en die Woord.
Wat sal jy doen as katastrofiese gebeure op die aarde begin plaasvind? Wat sal jy doen as dit reg voor jou gebeur? Sal jy na iemand anders hardloop om vir jou te bid? Of sal jy weet om My Naam aan te roep: "Here Jesus"? Kan jy al jou fokus op My plaas en My aanroep om jou te bevry en jou te red? Hou op om kerk te speel. Ek is die Een wat jy moet roep om jou te bevry.”
GODSDIENS SAL TEEN JOU OPSTAAN
“Uit hierdie Eenheid sal My Dawid’s opstaan en hulle sal voor hardloop want hulle het voor baie veldslae en baie reuse te staan gekom en deur baie ontberinge en toetse gegaan. My Dawid’s sal ten volle toegerus wees om die Vader se wil te doen. Hulle is die seuns van die Vader, en die Vader begeer baie seuns. Hierdie Dawid’s het rein harte en hulle is so sterk soos leeus. Weet dit, My Dawid’s, dat die oomblik wat Ek julle oprig om voor te begin hardloop, godsdiens (die Saul’s) teen julle sal kom en probeer om julle te jag in die heuwels en berge. Die Saul’s was teenwoordig in julle lewe vir julle opleiding.
Dit was vir julle eie voordeel, want julle moet julle vyand ken! Dis die einste persone wat julle werklik wil doodmaak, maar laat dit in My hande om hulle te oordeel. Ek sal julle beskerm soos Ek julle uitstuur. Hierdie Saul’s is Saul’s omdat hulle na die raad van mense luister.
My Goddelike beskerming en guns is met diegene wat na My en My raad bo die raad van mense luister. As Ek dus sê hardloop, moet julle hardloop. Julle moet naby aan My kom om My stem te leer ken, want as Ek praat, moet julle gehoorsaam. Ek sal met julle wees en Ek sal vir julle veg omdat julle kinders na My hart is.”
HOU JOU FOKUS OP MY
“Hou julle fokus op My, want hoe meer Ek My lig deur julle laat skyn, hoe donkerder sal die wêreld om julle word. Weet dat die vyand gaan probeer om julle uit te wis. Die vyand gaan die Saul’s gebruik en hulle sal julle probeer doodmaak met hulle spiese. Bly gefokus op My en hardloop wanneer Ek sê hardloop. Moenie met hulle veg nie en moenie met hulle argumenteer nie. Gaan net die pad wat Ek vir julle sal oopmaak. Ek sal julle die pad wys. Tensy hierdie Saul’s na My toe kom en berou toon, sal Ek hulle werke regverdig oordeel.
Kom na My toe en vra My om ‘n rein hart te skep en om ‘n regverdige gees in julle te hernu. Bly rein voor My. Bely julle sonde. Ek sal julle skoon was en julle sondes vergewe. Ek sal julle naby My hart hou en Ek sal jaloers wees oor julle. Want julle, My Dawid’s, is My kosbare besitting en Ek het julle lief!”
Skepper God en ewige Vader, ek erken U as my HERE!
Jesus Christus, my verlosser, aan U bring ek dank en eer. Ek glo U het aan die kruis van Golgotha gesterf vir my sondes. Ek glo U het opgestaan uit die dood en U lewe by die Vader; U het my vrygekoop met U bloed en ek behoort aan U. Daarom wil ek vir U alleen lewe en wil ek gereed wees as U weer kom om my te kom haal.
Vader, ek staan skuldig voor U en teenoor my naaste vir my lewenswyse en verkeerde handelinge. Ek erken my sonde en tekortkominge. As U kind kom buig ek nou voor U met ‘n berouvolle hart en vra om vergifnis. Was my skoon met die bloed van die Lam, Jesus Christus en ek sal witter as sneeu wees en geen sonde sal meer teen my gereken word nie. Ek dank U daarvoor.
Ek vergewe nou elkeen wat my kwaad of leed aangedoen het.
Bewaar my teen die listigheid van die verleier.
Heilige Gees, openbaar aan my al die dinge wat my verhinder om die wil van die Vader in my lewe ten volle uit te leef.
Wek in my ‘n gewillige gees, en rus my toe, o Here, om te alle tye gehoorsaam te wees aan U roepstem. Gebruik my in U Koninkryk en betoon aan my U genade. AMEN.
Tag der Veröffentlichung: 26.02.2016
Alle Rechte vorbehalten
Widmung:
AUTHOR’S ACKNOWLEDGEMENTS
I want to thank God the Father, Jesus Christ His Son and His Holy Spirit for entrusting me with this task to do the will of the Father. Thank You for calling me before the foundation of the world to help call forth Your precious Bride. Thank you for Your grace and mercy. Thank you for being my God, for being my Father, for being my King, for being my Helper for You inspire and bless me daily.
I love You, my Lord!
I want to thank those who pray for me daily and always loving me and
accepting me for being me. I especially want to thank my family and friends.
I want to thank Adri Malan and Ellie Landman for their help in editing this book.
Glory to the Father!
Glory to the Son!
Glory to the Spirit!
These Three are One!