Cover

OUTEURSERKENNINGS

Alle dank aan God die Vader, Sy Seun Jesus Christus en Sy Heilige Gees, vir hierdie taak wat aan my toevertrou is om die wil van die Vader te doen. Dankie dat ek reeds voor die grondlegging van die wêreld geroep is om te help om U Bruid uit te roep. Dankie vir U genade en barmhartigheid. Dankie dat U my God, my Vader, my Koning en my Helper is, want U inspireer en seën my daagliks. Ek het U lief, Here!

 

Ek wil vir almal dankie sê wat daagliks vir my bid en altyd lief is vir my en my aanvaar vir wie ek is. Ek wil veral vir my familie en vriende dankie sê.

 

Baie dankie ook aan Ellie Landman vir haar hulp met die redigering van die boek.

 

Eer aan die Vader!

Eer aan die Seun!

Eer aan die Gees!

Hierdie Drie is Een!

INHOUDSOPGAWE

 

INLEIDING

HOOFSTUK 1: MY LIGGAAM VERBLIND DEUR HOOGMOED

HOOFSTUK 2: MY LIGGAAM EN VERSKUILDE DINGE

HOOFSTUK 3: VEROOTMOEDIG JOUSELF

HOOFSTUK 4: GEESTELIKE MISBRUIK IN MY LIGGAAM

HOOFSTUK 5: DIE SEUNS VAN GOD

HOOFSTUK 6: DIE BESLISSENDE TOETS

HOOFSTUK 7: VERGIFNIS

HOOFSTUK 8: EK EIS BEKERING

HOOFSTUK 9: BELOFTES EN VOLHARDING

HOOFSTUK 10: EK MAAK MY LEËRMAG GEREED

GEBED

INLEIDING

Die Here het gesê: “Jy sal My hand op aarde wees om alles neer te skryf wat Ek jou beveel, Deborah. Net soos in die dae van Jeremia sal die godsdienstige mense teen jou draai – hulle wat My Naam op hulle lippe neem, maar My nie van harte ken nie. Hulle sal jou beskuldig, aankla en sê jy is vals, maar Ek sal jou beskerm.”

“En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou uit te red. Want kyk, Ek maak jou vandag ‘n versterkte stad en ‘n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.” (Jer 1:19,18)

“Ek sal hulle ontbloot en hulle goddelose handelswyse asook die ware toestand van hulle harte oopvlek. As hulle hulle bekeer en wegdraai van hulle goddeloosheid, sondes, afgode, godsdienstige rituele, eie sienswyses, leringe en verdraaide woorde, en terugkeer na My, kan Ek hulle genees en aan hulle My goedertierenheid bewys.

Tensy jy na My toe kom soos ‘n kind, sonder jou godsdienstige kennis, kan Ek nie met jou werk nie. Jou vooropgestelde kennis maak jou selfgeregverdig en dit verblind jou. Hierdie blindheid veroorsaak dat jy vasgevang word in hoogmoed, hardnekkigheid, self-liefde en eiegeregtigheid. Tensy jy jou totaal toewy en onderdanig word soos ‘n kind en jou sondes bely, kan Ek jou nie My hart en My waarheid wys nie.

My huis is vasgevang in hoogmoed en hardnekkigheid. Hulle verafgod andere en dan wonder hulle nog waarom swyg Ek en openbaar Ek Myself nie! Doen bekering, want My oordeel kom na My huis, en dit kom gou. Kom na My en kom toets jou hart aan My. Kom vra ‘n nuwe, skoon, suiwer hart, al is jy reeds lank op pad saam met My. Dít wat in jou hart is, sal jou verlei as jou hart nie deur My gesuiwer is nie.

Ware volwassenheid is om kinderlik saam met My te lewe met ‘n suiwer hart; slegs met eenvoudige gehoorsaamheid soos ‘n kind teenoor ‘n vader met vader-kind-liefde. Ware volwassenheid is nie geestelike kennis nie.”

“Want My juk is sag en My las is lig.” (Matt. 11:30)

“Nóú is die tyd om jou hart weer opnuut aan My te gee. Vra soos My seun Dawid.”

“Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. Kyk, U het ‘n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.

Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees. Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.” (Psa. 51:1-14)

“Nóú is die tyd om selfverwekte kennis neer te lê. Kom bely dit voor My want My oordeel kom na My huis. Moenie ‘n gek wees nie. Wees wys en vra vir ‘n skoon hart!”

 

DIE REIS

Op 20 Julie 2010, het die Here die volgende vir my gesê:

“Jy gaan ‘n boek skryf oor die eindtyd. Dit is jou skeppingsdoel.” Ek het ervaar dat die Here vir my sê dat dit nie maklik gaan wees nie omdat mense dit nie gaan aanvaar nie. Slegs die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’) gaan dit aanvaar. Die boek sal wees vir Sy Bruid, die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’). Die boek sal handel oor die voorbereiding vir die Koning se terugkeer en sodat dié wat nie weet nie, gewaarsku kan word. “Die boek sal ‘n geskenk vir My Bruid wees. Dit is vir diegene wat My liefhet, en wat na die waarheid soek, en uitroep: ‘Vertel ons meer, Here, net die waarheid, Here!’ Die boek sal oor Jesus handel. Jesus is die sleutel. Jesus moet julle fokus wees en Jesus is julle bestemming.”

Al hierdie is opgeneem in die eerste boek, Die Finale Roep, wat op 22 April 2011 begin het toe die Here my opdrag gegee het om alles neer te skryf wat Hy sê. Die tweede boek, Die Uittog, wat op 1 Julie 2011 begin het, openbaar hoe die Here Sy kinders uit Egipte (die wêreld) uitroep om vir die Beloofde Land (Millenium) voor te berei. In die derde boek, My seun Dawid, geskryf vanaf die 28ste Julie 2011 praat die Here oor die hart van die oorwinnaars en die gehoorsames wat saam met Christus sal regeer gedurende die Millennium. Die boek wat jy nou lees, Ware Volwassenheid is die vierde boek.

Ek is slegs gehoorsaam om die wil van die Vader te doen. In 2009 het ek begin bid dat die Here aan my die absolute waarheid sou openbaar aangaande die eind-tyd. Hy openbaar beslis die waarheid aan my en soos wat ek dit ontvang, gee ek dit ook vryelik deur aan julle.

 

HOOFSTUK 1: MY LIGGAAM VERBLIND DEUR HOOGMOED

22 Januarie 2012

 

“My kind, die toestand van My Bruid is betreurenswaardig. Hulle is so verblind deur hoogmoed, hardnekkigheid en self-liefde dat hulle nie eers meer die waarheid kan onderskei nie. Hulle is in gevangenis. Groot dele van My Liggaam is in gevangenis, en word daar gehou deur hulle eie begeertes, drome en eie-wil. Hoe begeer Ek nie dat hulle hulle aangesigte na My sal draai nie. Ek is die enigste Weg, Waarheid en Brood van die lewe.

Hoe lank gaan hulle nog swoeg met dít wat Ek nie van hulle gevra het nie? Die meeste swoeg om hulle name bekend te maak. Hulle werk nie vir My Naam se ontwil of die heerlikheid van die Vader nie, maar slegs om hulle eie bedieninge uit te brei en te vergroot. Ek stel slegs belang in julle karakter, My volk, nie in die grootte van julle bediening nie. Ek sal julle genees, herstel en toets, nié sodat julle bediening sal groei nie; máár dat Ek grootgemaak sal word in julle. Ek soek ‘n opregte Liggaam wat alle godsdienstige en teologiese leerstellings ter syde sal stel. Kan julle menslike leerstellings eenkant toe stoot? Kan julle My alleenlik volg en vertrou; Ek, die eniggebore Seun van die Vader? Niemand kom tot die Vader behalwe deur My nie. Ons soek opregtes van hart wat kan liefhê en Ons gehoorsaam soos wat Ons vra. Ons gebod is eenvoudig: Wees lief vir Ons en gehoorsaam Ons, dan sal dit goed gaan met julle en Ons sal vir julle ‘n God wees en julle sal vir Ons ‘n volk wees.”

 

GEHOORSAAMHEID TEENOOR ONGEHOORSAAMHEID

“Ongehoorsaamheid en ongeloof sal jou in die woestyn hou. Wee jou as jy ander in die woestyn hou as gevolg van jou ongehoorsaamheid en ongeloof. Let op na die twaalf verspieders wat die beloofde land moes gaan bespied. Daar was slegs twee wat My geglo het wat Ek aangaande Kanaän gesê het. Die ander tien was ongelowig weens hoogmoed, selfsug en hardnekkigheid. As gevolg van tien ongelowige spioene moes die hele volk vir ‘n vasgestelde tyd in die woestyn swerf. Slegs Joshua en Kaleb wat My gehoorsaam en in My geglo het, het die beloofde land binnegegaan. So sal dit ook wees in die laaste dae. Slegs hulle wat glo as Ek praat en My sal gehoorsaam te midde van die reuse wat hulle in die land sal sien, sal die beloofde land binnegaan. Die res sal in die woestyn sterf.

Waar staan jy? Is jy deel van die twee gehoorsame, gelowige spioene of is jy deel van die tien ongehoorsame, ongelowige spioene? Bely jou ongehoorsaamheid en ongeloof, want Godsoordeel kom na My huis, en as jy in jou ongeloof en ongehoorsaamheid volhard, sal jy nie die Beloofde Land binnegaan nie. Ek sal jou hart en siel toets soos wat Ek die Israeliete getoets het. As Ek jou toets, sal jy jouself sien soos jy werklik is; dan sal jy sien of jy My bo alles sal gehoorsaam. Al die groot geloofshelde wat opgeteken staan in My Woord, was gehoorsaam aan My, en as gevolg daarvan is hulle helde. Daar is huidiglik baie helde wat deel is van My Liggaam. Baie sal tussen die groot helde van die Bybel staan as julle die Beloofde Land binnegaan. Wil jy daardie voorreg hê om tussen Abraham, Josef en Ragab te staan? Wil jy? Gehoorsaam My en doen soos wat Ek van jou vra, want daardeur sal jy seën ontvang.”

 

GROOT MISLEIDING

“Moenie mislei word nie, want julle is midde in die tyd van misleiding. ‘n Menigte bose, verleidelike geeste het kerke geïnfiltreer en het My mense besmet. Tensy julle naby My bly en My vra vir die absolute waarheid, sal julle verlei en mislei word. Kom na My en vra vir My. Ek sal aan julle openbaar wat die waarheid is aangaande enige situasie of persoon as julle oorgee aan My. Ek sal julle leer om te onderskei tussen waar en vals; goed en sleg, want die misleiding is so geweldig dat die skeidslyn tussen waar en vals baie, baie dun is. Tensy julle My vra vir hulp, sal julle mislei word.

Selfs goedhartige mense binne-in My Liggaam, word huidiglik mislei rondom die waarheid en daar is ander wat ‘n menigte op ‘n dwaalspoor lei. Dus: profete, leraars, leiers en herders, kom na My toe en leer wat My raadgewing en My waarheidswoord is, want julle gaan verantwoordelik gehou word vir die woorde wat julle uiter wat níé van My af is nie. Tensy julle van My hoor, mag julle nie praat nie, want mense sal afdwaal as julle valslik leer, preek of profeteer.”

 

GODSOORDEEL KOM NA MY HUIS

“Ek beveel: keer terug na My – Christus. Bekeer julle, want Godsoordeel kom na My huis. As daar bevind word dat julle nie gedoen het soos wat Ek julle beveel het nie, sal julle weggevoer word in ballingskap soos in die dae van Jeremia. Toe het Ek My volk gewaarsku – keer terug na My en verwyder die afgodsgoed tussen julle. Net so waarsku Ek My huis nou – bekeer julle en verwyder die afgode tussen julle. Volg My, want skape kan nie skape volg nie. Volg die Herder. As julle My volg, sal Ek ‘n ewige verbond met julle sluit en julle sal vir My ‘n volk wees en Ek sal julle God wees!

Bekeer julle en vra van My ‘n skoon hart. Julle godsdienstige vertoon het My geduld lank genoeg beproef. Nóú sal Ek lig van duisternis skei en Ek sal diegene wat louwarm is, verwyder. Slegs diegene wat warm of koud is, sal oorbly in My Liggaam.”

 

HOOFSTUK 2: MY LIGGAAM EN VERSKUILDE DINGE

 24 Januarie 2012

 

Die Here het gevra: “Wat sien jy, Deborah?”

Ek het geantwoord: “Ek sien ‘n deur wat na ‘n versteekte kamer lei, ondergronds.”

Toe sê die Here: “Dís hoe groot dele van My Liggaam werk – óf verborge in My óf besig met geheime dinge. As julle nie verborge is in My nie, is julle besig met geheime, sondige praktyke, wat nie deel is van My nie. Niks is verborge voor My oë nie. Ek deursoek die hart en verstand van elke mens en Ek sien en weet alle dinge.

Elke ding wat in duisternis gedoen word, sal Ek aan die lig bring. Diegene in My Liggaam wat met hulle lippe bely dat hulle My dien, en sondige praktyke bedryf, sál Ek voor ander oopvlek, sodat julle die skande en hartseer sal voel wat Ek vir julle moet dra terwyl julle sondig. As julle dit bely, sal Ek daardie verborge sondes wegwas. Julle het My geduld uitgerek en My genade misbruik; daarom is dit tyd om julle verborge sondes voor die lede van My Liggaam te ontbloot.”

 

HET JY ONTSAG VIR MY?

“Ek verlang ‘n vlekkelose Bruid sonder sondevlek of litteken! Vrees jy My in so ‘n mate dat jy jou sondige verlede sal neerlê? As jy jou aan My toewy, sal Ek alle sondige dinge van jou af verwyder. Ek ween oor My volk, want daar is geen ontsag vir My in hulle harte nie. As jy nie ontsag het en My (die Heilige Gees), die Vader (YAHWEH), en Jesus (Yeshua) vrees nie, ken jy My nie en verstaan jy My ook nie.

EK IS jou Skepper, jou Vormeerder. Wil jy met My meeding? Wie sê jy is EK? Ek hou daarvan as My kinders wat vir My ontsag het en My liefhet, met My stoei! Hulle noem Ek “My vriend”; vir hulle sal Ek antwoord as hulle vir My raadgewing en wysheid vra; vir hulle sal Ek antwoord omdat hulle vir My ontsag het. As jy ontsag het vir My, sal jy My respekteer, want jy sal weet wie EK IS! Skepper van Hemel en Aarde. Ek het aan jou die asem van die lewe gegee. Ek het aan jou ‘n gees gegee om met My Gees gemeenskap te hê. Kom, word één met My!

Net soos mense het Ons ook emosies, want julle is geskape na Ons beeld. My hart breek as Ek sien waarmee My Liggaam hulleself besig hou. Dit bedroef My dat hulle aanhou met verborge sondes en dink Ek sal dit oorsien want My genade is so groot. Ek reageer gewoonlik nie dadelik op julle sonde nie. Omrede My genade, gee Ek julle tyd om vergifnis te vra. Tog moet julle nie dink julle sondes sal verborge bly nie: Ek sal dit blootlê.

Genoeg is genoeg! Julle het My geduld getart en getoets en nou sal Ek My huis oordeel, want hulle hou aan met veragtelikhede in My Naam en doen dit namens My. Julle sal aanspreeklik gehou word vir elke ding wat julle in My Naam gesê en gedoen het. As julle My volk mislei met julle eie bewoordinge; julle eie leringe; julle eie leiding en vals woorde, sal Ek julle besoek en oordeel vir julle sondige hoogmoed voor My. Diegene wat My volk mislei binne My Liggaam, worstel met hoogmoed, selfsug, eie-geregtigheid en self-liefde.”

“Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.

En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het. Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid, vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos. En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” (2 Tim. 3:1-17)

 

MIDDE IN DIE LAASTE DAE

“Het Ek nie gesê julle sal hierdie dinge sien teen die einde van die tyd nie? Dit is in My huis. Dis ‘n afskuwelike ding binne My Liggaam. Die bedrog en bindinge van hierdie mense hou My volk as gyselaars binne My Liggaam. Diegene met hoogmoed, selfsug en eie - geregtigheid hou My mense weg van die waarheid. Hou op om een die ander te verafgod, want sodoende trap julle in die strik om na mense te luister, en julle kan daardeur mislei word.

Hoe staan jou verhouding met My? Kan jy na My kom en vra wat die ware toedrag in jou lewe is? As jy ander blindelings navolg en glo en hulle mislei jou uit hoogmoed, selfsug en eie-geregtigheid, sal jy mislei wees. Jy sal seerkry, en My en mede gelowiges blameer. Ek waarsku julle nou: Hou op om mense te verafgod; en sou jy nie kan onderskei wat waar en vals is nie, kom vra My wat die waarheid is. Die vyand werk deur mense, en hulle sit binne-in My Liggaam, tussen die mense – soos dorings tussen die lelies. Hulle word gebruik deur die vyand want hulle het wetend of onwetend van die waarheid af weggedraai. Hulle klink so oortuigend dat hulle reg is en die regte dinge doen in My Naam, en hulle kan nie hulle eie sonde en foute raaksien nie.

Hoogmoed verblind mense. Bely jou hoogmoed en vra van My die mantel van nederigheid, want verseker sal julle mislei word in die laaste dae as julle nie die mantel van nederigheid het nie. Ek sal jou vergewe en herstel as jy voor My kom bely. Bemin My; gehoorsaam My; vrees My met ontsag en verootmoedig jouself voor My! Ek sal beslis My Godsoordeel oor die hoogmoediges uitspreek en hulle sal val. Bely jou hoogmoed, My volk!”

 

HOOFSTUK 3: VEROOTMOEDIG JOUSELF

25 Januarie 2012

  

“As My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land genees. Bekeer julle van julle bose handelinge, My kinders. Daar is soveel booshede wat My kinders bedryf in My Liggaam. Hulle glo, omrede hulle My Naam daaraan heg, dat Ek daarmee saamstem.

Hou op om dinge te doen wat julle glo julle móét doen. Dink julle een oomblik ná oor hoe Ek daaroor dink en of dit My volmaakte wilsbesluit vir julle is? So baie mense bou kerke en doen dinge in My Naam, maar Ek het hulle nooit geroep om dit te doen nie. Alles wat julle doen sonder dat Ek julle daartoe geroep het, sal tevergeefs wees. Slegs as julle doen en sê wat julle van My gehoor het, sal dit vrug dra in My Koninkryk. Wat gaan julle kies – om te lewe soos júlle dink en beplan sonder enige blywende vrug in die ewigheid óf om te lewe soos wat Ék dit vir julle beplan? My wil en planne vir julle oortref alles wat julle kan bedink en as julle lewe binne My perfekte wil – in gehoorsaamheid – sal julle vrug ewig geseënd wees. Wat julle dan hier op aarde saai, sal ‘n effek hê tot in Ewigheid.

Vra My om vir julle ‘n voëlvlug perspektief te gee van My ekonomie, My plan vir julle lewe en My Koninkryk. My mense is so blind, want hulle kyk nie verder as hulle eie planne en drome nie. My mense is mislei en misleide mense besef dit nie eers nie. As julle nie kan onderskei of dit Ek is nie, moet julle jul verootmoedig. Vra My om aan julle te openbaar of julle mislei is. Baie mense se gedagtes en planne aangaande My en My Koninkryk is so klein! Hulle ken My nie! As julle innig met My wandel, sal julle verstaan dat Ek slegs vra dat julle nederig soos ‘n kind sal wees, en My sal liefhê en gehoorsaam. My gebod is eenvoudig. Bemin My, die Here jou God en ook jou naaste soos jouself. As julle My liefhet, sal julle My gehoorsaam.”

 

SPREEK LEWE IN MENSE IN

“My kind, Ek weet jy besef dat, indien Ek met jou praat oor iemand, Ek slegs die potensiaal wat Ek in hulle sien, openbaar. Ek sê wat Ek sien en hoop en droom vir hulle. Daarom spreek Ek lewe in hulle. Julle moet dieselfde doen. Spreek lewe in mense vir wie julle lief is; in diegene wat julle vervloek of julle kwaad aandoen. Leer van My – dit is wat Ek doen. Selfs as My kinders daagliks My Woord verwerp en My bedroef met hulle gedagtes en dade, spreek Ek steeds in My erbarming liefde en lewe in hulle in. Vra My vir die gawe van erbarming en spreek lewe en hoop in hulle wat jul kwaad aandoen. Leer van My, want EK IS julle Leermeester.

Ek is inderdaad julle Leermeester. Ek gebruik ook mense om julle te leer. In My Liggaam is daar baie lede en aan elkeen het Ek ‘n ander funksie toegedig. Moenie die geringes of die nederiges wat Ek stuur om julle te leer, minag nie. Daardie mense wat julle opsy skuif in My Liggaam sal Ek gebruik om julle te korrigeer, en totdat julle jul bekeer van julle hoogmoed teenoor hulle, sal julle verblind wees in julle eie sonde.”

 

VOOR MY IS DAAR NIE MANLIK OF VROULIK NIE.

“Diegene wat glo Ek sal slegs mans gebruik om te preek en My Woord te onderrig, is mislei. Voor My in die Gees is daar nie manlik of vroulik nie. As Ek ‘n vrou gebruik om My woord te verkondig, waarom wil julle haar teëstaan? As Ek enige man of vrou vind wie se hande skoon is, wat ‘n rein hart het en wat My stem gehoorsaam, sal Ek hulle gebruik. Dit is afskuwelik voor My oë as julle My Liggaam regeer met ‘n ystervuis omdat julle dink Ek is so! Daarom: as julle enigiemand in My Liggaam onderdruk – man of vrou wat My stem hoor en gehoorsaam is aan My – sal Ek julle oordeel met Godsoordeel, want julle dade het ‘n uitkringende lewe-of-dood-effek op baie ander mense. Tensy julle berou het dat julle mense terughou van hulle roeping in My, sal julle bloed op julle hande hê.

Predikante, pastore, leiers: Julle moet julself verootmoedig voor My en terugkeer na My, die Een, ware God. Hou op om My plek te wil inneem. Ek het julle aangestel as herders vir hulle, maar nie om hulle op julle eie teologiese leerstellige paaie te lei nie. Ek sal julle verantwoordelik hou vir julle dade teenoor My Liggaam.

Neem kennis dat Ek beide mans en vroue gebruik om My bedieninge uit te voer. Die een is nie verhewe bo die ander nie. As julle (manlik of vroulik), My Liggaam beheer, domineer of manipuleer met die outoriteit wat Ek vir julle gegee het sal Ek beslis vir julle aanspreeklik hou daarvoor. Staak dit om My mense te onderdruk, veral vroue. Daar sal gevind word dat Ek baie vroue sal gebruik gedurende die eind-tyd, want hulle onderwerp hulle aan My in nederigheid en hulle is gehoorsaam wanneer Ek spreek. As julle teen My uitverkorenes opstaan, sal Ek julle neerwerp. Kom na My vir die absolute waarheid, want My Liggaam is mislei en alleenlik Ek kan julle die absolute waarheid wys. Vra My vir openbaring van die waarheid en Ek sal dit vir jul gee. As My Liggaam die beheer, intimidasie en manipulasie (Isébel) kan oorkom wat toenemend in kerke voorkom, sal Ek aan julle ‘n septer gee om te heers en te regeer saam met My.”

“Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet. En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie. Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie. En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke. En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie. Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom. En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. En Ek sal hom die môrester gee. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” (Open. 2:20-29)

“Verseker het Ek haar tyd gegee om berou te toon, maar hierdie Isébel gees binne die kerkstrukture weerhou My mense om in hulle God’lik bestemde lot te wandel as gevolg van hoogmoed. Toon berou, want hoogmoed kom van agter en julle kan dit nie sien kom nie, en dit verblind jul vir julle eie foute. Wanneer laas het julle op jul knieë jul verootmoedig voor My? Ek luister en gee ag op mense met ‘n gebroke hart. In gebrokenheid en nederigheid sal julle naby My hart wees. As jy in jou hoogmoed dink dat jy dit gemaak het .... dan is dit jý wat dit gemaak het, maar slegs in My sal jy iets bereik! Kom in ootmoed na My toe sodat Ek die sluier wat jou verblind van jou oë kan afhaal! Slegs Ek kan jou die ware toestand wys. Wees wys en verootmoedig jouself.”

“Die trotsheid van ‘n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.” (Spr. 29:23)

 

HOOFSTUK 4: GEESTELIKE MISHANDELING IN MY LIGGAAM

 26 Januarie 2012

  

“My kind Ek wil met jou praat oor geestelike mishandeling in My Liggaam. Die grootste binding en weerstand teen eenheid is geestelike hoogmoed, veral by diegene wat al geruime tyd die pad van ‘n Christen bewandel, maar wat iewers langs die pad opgehou het om My stem te gehoorsaam. Hulle gaan slegs deur die rituele van ‘n godsdienstige gebruik.

Jy moet daagliks jou lewe aan My toewy en My volg. Jy moet daagliks die keuse maak om oor te gee aan My in liefde en gehoorsaamheid. Baie lede van My liggaam ken My nie eers nie. Ek is slegs ‘n godsdiens vir hulle en hulle volg andere blindelings. Skape kan nie skape volg nie. EK IS die enigste ware Herder. EK IS die Waarheid, die Weg en die Lig. Waarom is dit dat My Liggaam eerder by andere wil hoor wat Ek in hulle lewens wil inspreek? So baie hardloop agter profete aan om ‘n woord van My te hoor – waarom kom hulle nie direk by My hoor nie? Maak julle tyd om by My voete te kom sit? Kom na My toe; kom sit in stilte en wag op My!

“maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” (Jes. 40:31)

“So baie wat jarelank My volgelinge is, het weggedraai van hulle Eerste Liefde.”

“Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie. Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.” (Open. 2:4-7)

“Keer terug na My, want Ek moet jou Eerste Liefde wees. Wanneer laas het jy My omhels as ‘n Vader? EK IS jou volmaakte Vader. As jy na My toe kom, sal Ek jou in My hart neem en Ek sal vir jou meer wees as wat ‘n aardse vader ooit kan wees. Kom My kind, hardloop na My toe. Wees My kind en Ek sal vir jou ‘n Vader wees. Ek het jou so lief; meer as wat jou aardse moeder ooit kon. As jy My jou Vader en jou God maak, sal Ek jou omhels en beskerm en liefhê en lei en leer en jou rykliker seën as wat jy ooit kan dink of vra.”

 

MY OORWINNAARS

“Ek wil ‘n Koninkryk hê van priesters en konings en My opregte kinders – hulle wat My aanneem as Vader (YAHWEH) sal priesters en konings wees in My Koninkryk. Hulle word alreeds voorberei om saam met My te regeer. Daardie kinders van My wat My liefhet en gehoorsaam, sal My seuns genoem word. Dié van hulle wat die wêreldsisteme oorwin, sal oorwinnaars genoem word. My oorwinnaars sal saam met My heers en regeer.”

“En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. En Ek sal hom die môrester gee.” (Open. 2:26-28)

“My oorwinnaars sal priesters en konings wees. My kind, baie van hierdie oorwinnaars word nou alreeds voorberei om saam met My te heers en regeer, soos wat ons nou hier gesels. Jou lewe op aarde is nie slegs vir jou gegee om ‘n lewe te leef nie. As jy My toelaat om jou te vorm na My gelykenis volgens My volmaakte wil, sal jy alreeds vanuit jou omstandighede opgelei word om te heers en regeer. Toetse en beproewings is swaar, maar geseënd is hulle as hulle deur beproewings gaan om karakter te bou.

Dink aan die lewe van Josef – hy was getoets en gelouter deur sy eie broers; hy was ook valslik beskuldig. Dit was alles nodig om hom te vorm sodat hy kon heers en regeer in Egipte. Josef het sy hart suiwer gehou te midde van groot swaarkry. As Ek dan toetsing en beproewing toelaat wat julle so pynlik ondervind om julle te vorm, vra Ek: verduur dit; hou vol en hou julle harte rein teenoor My.

Ek toets elkeen aan die wyse waarop hul hul eggenoot, vader, moeder en kinders behandel. As jy jou eggenoot behandel soos wat jy My behandel, dan is jy getrou in die klein dingetjies en kan Ek jou baie gee. As jy jou man of vrou mishandel, sal jy geen outoriteit toegestaan word in die Millennium nie. Ek kyk na die klein dingetjies. Ek toets jou in jou huis. As jy nie jou huis kan behandel soos My huis nie, kwalifiseer jy nie vir outoriteit in My huis nie. So baie van My kosbare kinders word mishandel in hul huise en in kerke deur gesagsfigure – en dit weens hoogmoed, selfsug en eie-liefde. Dis ‘n siekte in die kerk en dit begin in die huis. Satan het dieselfde probleem gehad – hoogmoed, selfsug en eie-liefde. Dis ‘n groot sonde voor My.”

 

SOOS DAWID OF SOOS SAUL

“Saul het met ‘n probleem geworstel. In My Liggaam is die grootste probleem die Saul-sindroom. Dis mense wat My nie kan erken nie. Eens op ‘n tyd was hulle klein in hulle eie oë en Ek het hulle bevorder, maar hulle het My nie gevolg met hulle hele hart nie. Hulle is vol hoogmoed, selfsug en eie-liefde. Hulle sukkel om die knieg voor My te buig in ootmoed. Tensy die Sauls van vandag, wat in outoriteit staan in hul gesinne en in kerke, hulle hoogmoed, selfsug en eie-liefde bely, sal Ek ‘n bose gees na hulle toe stuur. Hulle sal ontbloot word voor almal.

Dawid het baie foute gehad, maar hy kon sy knieë buig en sy sondes bely. Dawid was bewus van sy foute, tog was hy ‘n opregte man wat sy volwassenheid bewys het deur hom te verootmoedig. In My Liggaam is dit vandag óf Dawid óf Saul – ootmoed of hoogmoed. Wanneer laas het jy voor My kom kniel en vergifnis gevra vir jou hoogmoed? Saul het nie sy eie hoogmoed raakgesien nie. Jy sal dieselfde pad loop as hy, tensy jy jou hoogmoed bely. Jou hoogmoed benadeel ook andere rondom jou, want jy misbruik My kosbare mense as gevolg van jou hoogmoed. Agter hoogmoed skuil alle ander sondes, soos selfsug en self-liefde, asook om ander te beheer en te manipuleer.

Kom na My toe soos Dawid en vra van My ‘n rein en berouvolle hart. Lê neer jou kennis en jou insig en kom na My, die Boom van die Lewe. Ek sal jou rus gee. Kom eet slegs van die Boom van die Lewe. Beskerm jou hart en verootmoedig jou voor My! Ek is gereed om die hooghartige Sauls aan die lig te bring.

Wil jy aan die lig gebring word vir jou hoogmoed? Bely en keer terug na My en verootmoedig jouself. Wil jy vir My ‘n seun soos Dawid wees, of wil jy bekend staan as die gevalle, hoogmoedige Saul? Dit is jou keuse – wees wys in jou vrye keuse!”

 

HOOFSTUK 5: DIE SEUNS VAN GOD

 29 Januarie 2012

 

“Vandag wil Ek met jou praat oor die seuns van God. Dit is so, dat van hierdie jaar af, My seuns sigbaar gaan word op die aarde. Dit is diegene wat sal toelaat dat Ek hulle vorm na die beeltenis van Jesus, wat My seuns genoem sal word. My ware seuns sal My stem gehoorsaam net soos Jesus, wat gehoorsaam was tot die kruisdood vir julle sondes om aan julle My Gees en die Ewige Lewe te gee. Daardeur sal tallose mense geseënd wees.

Jou gehoorsaamheid het ‘n onbegryplike effek op baie ander se lewens. Jou gehoorsaamheid kan baie lewens red en in die ewigheid sal hulle jou bedank vir jou gehoorsame hart teenoor My. Die uiteindelike, kwalifiserende toets om een van My seuns te wees, is gehoorsaamheid, omrede die seuns van God sal doen en sê wat die Vader doen en sê.

Baie is daar wat My kinders is, maar om een van My seuns en dogters te wees, sal vereis dat julle na die beeltenis van Christus gevorm moet word en in gehoorsaamheid moet lewe aan die Vader, ongeag die prys! Die prys is hoog, maar die beloning is ewig. Om soos Christus met My te wandel, is om dag-vir-dag saam met My te wandel. EK IS jou Vader en jy moet ‘n verhouding met My hê sodat Ek met jou kan praat en jy met My. Ek wil jou Vader wees om baie dinge vir jou te leer en aan jou te openbaar. Kom na My en vra dat Ek My opregte hart aan jou sal openbaar. Ek wil My liefde aan jou bewys. Vra daarvoor, want Ek het jou lief met ‘n ewige liefde. Ek het jou gevorm in die baarmoeder, Ek het jou geken toe Ek die skepping beplan het. Ek het jou geken voor die gronglegging van die wêreld. Ek het jou geken, want jy is Myne. Ek het jou gekies; jy het My nie gekies nie.”

 

TWEE KEUSES

“Vandag staan jy weer voor twee keuses – die Boom van die Lewe en die Boom van kennis van goed en kwaad. Jy sal daagliks voor hierdie twee bome te staan kom. Ek gee jou die geskenk van jou eie, vrye wilsbesluit. My volmaakte wil is dat jy die Boom van die Lewe kies, omdat dit goed is en My voorstel. Jy mag ook die Boom van kennis kies wat jou Egiptiese lewe voorstel. Ek gee jou ‘n keuse waarin jy jou eie vrye wil kan gebruik, want om lief te hê, is ‘n keuse.

As jy My liefhet, sal jy My gehoorsaam. As jy My liefhet, sal jy besef Ek beplan alleenlik om My beloftes aan jou te gee. Deur My volmaakte wil te kies, sal jy geseën wees en jou vrug sal ewigdurend wees. As jy wysheid gebruik, sal jy kies om in My volmaakte wil te wandel. As jy wysheid kortkom, vra dit van My. Om nie My volmaakte wil en plan te kies nie, beteken om te wandel in hardnekkigheid, hoogmoed en selfsug.”

 

GEHOORSAAMHEID TEENOOR ONGEHOORSAAMHEID

“Adam en Eva se keuse in die tuin van Eden om ongehoorsaam te wees, en tog van die verbode boom te eet, het tot gevolg gehad dat die totale mensdom ná hulle deur sonde geïnfiltreer is. Ek het aan hulle die keuse gegee van ‘n eie wilsbesluit; tóg het hulle téén My volmaakte wil vir hulle gekies.

Die keuse om My volmaakte wil te doen, is gehoorsaamheid aan My. Waar Adam en Eva gekies het om ongehoorsaam te wees aan My, het My Seun, Jesus, gekom in gehoorsaamheid en My perfekte wil gekies. Sy gehoorsaamheid het die vloek verbreek oor die mensdom. Sien jy die verwoestende effek van ongehoorsaam-heid teenoor die ewige vrug van gehoorsaamheid?

As jy wysheid het, sal jy My gehoorsaam. Jou beloning sal ewig duur. Word gevorm na die beeld van My Seun. Wees nederig, gehoorsaam My stem en wees lief vir My soos wat Christus My liefgehad het, want Ek het jou eerste liefgehad. As jy nie mét My is nie, dan is jy téén My. EK IS die Boom van die Lewe. Kies jy My vandag?

Kennis sal jou hooghartig en trots maak. Bly ontvanklik vir My Woord. Die gelykenis van die ryk jongman handel oor kennis: godsdienstige kennis. Van daardie jong man was verwag om sy kennis op te gee, want sy kennis het hom ryk gemaak. Omrede sy kennis kon hy nie My eenvoudige waarheid aanvaar nie. Jy moet soos ‘n kind word, sodat Ek jou opnuut kan vul met vars, nuwe openbaringe van wie EK IS. Sien af van jou kennis omtrent My, en vra vir ‘n skoon hart en kinderlike geloof. As jy nie kan afsien van jou kennis nie, is jy verblind deur sonde.

My seuns, julle gaan binnekort opgerig word deur My, want die hele wêreld wag op die bekendmaking van My seuns. Ek sal aan julle outoriteit gee en julle sal met vuur in die mond praat, net soos My Seun, Jesus. Wees nederig en gehoorsaam. Ek sal julle beskerm en lei en Ek sal julle Vader wees en julle liefhê soos wat Ek My Seun Jesus liefhet.”

 

HOOFSTUK 6: DIE BESLISSENDE TOETS

30 Januarie 2012

 

 Die Here het gevra: “Wat sien jy, Deborah?”

Ek het geantwoord: “Ek sien kole wat in die vuur brand.”

Toe het die Here gesê: “Ek is besig om My mense te toets. Die kole is My mense in die vuur. Die vuur is warm. Weet dus: as jy jou in ongemaklike omstandighede bevind, is jy in die vuur van toetsing om te sien wat binne-in jou is. Dit sal seermaak en jy sal uitroep na My en Ek sal jou My vrede gee in hierdie tyd van toetsing. As jy hierdie brandende vuurtoets deurstaan, sal Ek jou outoriteit gee. Jy sal dit hê omdat jy jouself oorwin het te midde van die situasie en jou hart suiwer gehou het. Hierdie brandende kole-toets is nie soos ‘n silwerof goud- of brons-toets nie. Dit is slegs ‘n koolvuur wat verbrand tot as. Hierdie toets sal bepaal of jy My liefhet en eerbiedig bo alles, al sien jy niks hiervan kom uit die toets van jou omstandighede nie.

Ek hou My oog op My kinders, veral hulle wat toelaat dat Ek hulle vorm na My beeltenis. Vra van My genade en lankmoedigheid om julle hierdeur te help, want hierdie is die beslissende toets wat julle moet deurgaan. Sal jy My steeds liefhê en eerbiedig as jou huidige omstandighede deur My goedgekeur is? Job was so getoets om te sien of hy My sou liefhê ná alles wat Ek toegelaat het. As jy in hierdie toets die struikelblokke oorkom, sal jy vir ewig vrug dra en Ek sal jou herstel en aan jou dubbelvoudig toevoeg soos wat Ek gedoen het aan My dienskneg, Job.”

 

DIE OORWINNAARS IS DIE STERKES

“Ek wil julle seën, My kinders, maar julle moet getoets word daarvoor, want saam met My seëninge kom gesag. As jou karakter nie getoets is nie, kan jy nie gesag dra nie. As jy hierin oorwin, is jou karakter gevorm na My beeld, want Ek het die wêreld oorwin. Ek kan jou seën as jy oorwin. Die oorwinnaars is die sterkes; dié wat My eerbiedig en liefhet bo alles. Ja, hulle wat slaag omdat hulle My eerbiedig en liefhet, al kom daar niks van nie, sal sweef soos ‘n arend saam met My – want hulle het op My gewag. Geseënd sal julle wees as julle deur elke toets en beproewing gaan.

As jy onseker is waarmee Ek besig is in jou lewe, vra My. Ek sal aan jou openbaar wat Ek in en deur jou doen. Ek sal deur My Woord met jou spreek. Vra My om jou honger te maak vir My Woord. Ek sal met praat deur My Woord soos nog nooit tevore nie, want EK IS God en Ek praat deur My Woord – EK IS die Woord. Ek sal jou aanraak om My Waarheid te ontvang as jy dit van My vra met ‘n ootmoedige hart. Ek sal jou leer hoe om My stil, sagte stem te hoor. Ek is binne-in jou. Ek is naby jou. Ek ken elke gedagte van jou. Vra, en jy sal ontvang. Vra van My genade om te volhard in hierdie toets.”

 

EWIGE VERBOND MET MY

“As jy sou vra Ek moet iets groots of iets wonderliks in jou lewe doen, sal jy eers hierdie toets moet slaag. As jy hierin slaag, sal daar ‘n ewige verbond tussen My en jou wees. Abraham het hierdie toets geslaag met Isak. Hy het My liefgehad en gevrees ongeag sy omstandighede, selfs al sou hy sy seun moes offer wat Ek hom belowe het, en toe weer gevra het om te offer. Hierdie is die beslissende toets – dit bewys jou liefde en eerbied vir My. Ek sal jou hart toets. Abraham het geslaag, en Ek het die verbond tussen ons verseël. Hy en sy nageslag is vir ewig geseënd. Sal jy ook hierdie seën – hierdie belofte oor jou lewe wil hê?

Kies dan om My lief te hê en te eer in alle omstandighede. As jy My liefhet, sal jy My gehoorsaam en My eer en Ek sal jou God wees en jy sal My kind wees. Ek hou alles in die palm van My hand. Ek sal jou beskerm in die komende gevaar en Ek sal jou onthou as jy die dag uitroep na My vir hulp en beskerming. Ek sal diegene help en beskerm wat My liefhet en eer, want hulle vertrou op My en nie op afgode nie. EK IS die enige ware God, Yahweh. As jy nie mét My is nie, dan is jy téén My.

Ek sal diegene kies wat My kies. Kies jy om naby My te wandel? Kies jy om My lief te hê en te vertou? As jy kies om meer omtrent My te leer en My karakter te leer ken, sal jy sien EK IS vír jou, nie téén jou nie; om jou hoop te gee.”

“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.” (Jer. 29:11)

“Daar’s ‘n hoop wat jy net in My sal vind. Sonder My het jy niks. Soos met Adam en Eva kan Ek jou waarsku, maar jy het nog steeds ‘n keuse. Kies jy My as die Boom van die Lewe en vertou jy My om die waarheid aan jou te openbaar? Jy kan My Woord aanvaar of verwerp. Maak jou keuse met wysheid, want jy sal saai vir die ewigheid.”

 

HOOFSTUK 7: VERGIFNIS

2 Februarie 2012

 

Die Here het gevra: “Wat sien jy, Deborah?”

Ek het geantwoord: “Ek sien opgesnyde vleis, Here.”

Toe sê die Here: “Dit is die toestand van My mense. Leweloos! Baie in My Liggaam is skuldig aan geestelike mishandeling wat My mense doodmaak. EK word dan beskuldig en daar is baie woede, bitterheid en onvergifnis teenoor My en andere. EK IS God en word nie geraak daardeur nie. As jy egter vashou aan woede, bitterheid en onvergifnis oor wat ander aan jou gedoen het, laat jy dit toe om jou dood te maak. Dan is jy dood vir jouself, andere en vir My. Vergewe daardie mense en spreek hulle vry, sodat jy genesing kan kry. Wanneer jy vergewe, lewe jy weer. As jy vergewe, sal Ek jou ook vergewe en jou heelmaak.

Vergifnis verander nie wat verkeerd is nie; dit bevry slegs jou en andere. Ek sal regverdig oor elke situasie oordeel, want EK IS regverdig en Ek kan mense se harte sien. As jy kies om te vergewe, vra My om alle bitterheid van jou af weg te neem, want bitterheid is ‘n bose wortel wat baie skade kan aanrig.

Kom was jou skoon voor My. Vra vergifnis omdat jy te lank vasklou aan die onreg wat jou aangedoen is. Kom na My toe sodat Ek jou kan herstel en genees. Baie van My kinders het diep wonde in hulle harte weens ongeregtigheid en manipulasie. Ek sal met diegene wat My kinders mishandel, afreken. Ek sal hulle aan die kaak stel, tensy hulle voor My kom bely. Die hoofoorsaak van hierdie optrede is die sonde van hoogmoed, met die gevolg dat hulle weerbarstig, hardnekkig en selfgeregverdig is. Bely, want Godsoordeel kom na My huis en as daar hoogmoed by jou gevind word, sal dit ontbloot word deur My.

Die tyd vir berou is nou! Wanneer laas het jy vir My gevra om aan jou te wys wat binne-in jou skuil? Wanneer laas het jy vir My gevra om jou hart te reinig en aan jou ‘n nuwe gees te gee? Wy jou lewe aan My. Doen dit sommer daagliks.

Dis so maklik om ‘n leuen te volg. Dis so maklik om mislei te word, maar as jy jou daagliks voor My verootmoedig, My gehoorsaam en eer, sal Ek jou die waarheid en die leuen wys. Ek sal lig in die duisternis gee en Ek sal sorg dat jy nie mislei sal word nie.”

 

WAARHEID TEENOOR DIE LEUEN

“Die tyd waarin julle lewe, is die eind-tyd en Ek het gewaarsku dat baie mislei gaan word. Julle sal mislei word as julle agter ander mense aanloop. As julle My sal volg en My eerste plaas, sal Ek julle bewaar teen misleiding. Misleiding is verwoestend. Vra My of julle mislei word in enige area van julle lewe. As jy My vra na die waarheid in jou lewe, sal Ek jou wys waar misleiding is. Jy kan glo in iets wat jy geleer was as waarheid, en kan mislei wees daardeur. Wie het aan jou hierdie waarheid geleer? Dis tyd om selfstandig te dink. Vra jouself af, en vra van My hoekom word dinge gedoen onder die naam van godsdiens of Christenskap.

As die waarheid bewys is in My Woord, dan is dit Waarheid, maar pasop! So baie dinge binne-in My Liggaam is menslike leerstellings. Ek het nooit gevra dat dinge onderrig moes word binne ‘n sisteem nie. Sisteme hou mense gevange. Menslike leerstellings het baie mense seergemaak, en verhoed dat hulle groei in hulle wandel met My. Daar is baie vlakke in sisteme wat vir My aanstootlik is. Een mens is nie hoër as ‘n ander in My Liggaam nie.

EK IS die Hoof; die res is My Liggaam. Ek sal verantwoordelikhede en gesag toeken na My goeddunke. Dit sal steeds nie beteken dat een bo ‘n ander is nie. As jy daarom dink dat jy belangriker of beter of groter is as andere, moet jy jou hoogmoed bely. Ek sal die nederiges gebruik om jou foute uit te wys.”

 

KAN JY JOU FOUTE EN SONDES ERKEN?

“Die veiligste plek om te wees, is om nederig teenoor My en andere te wees. As jy bely, sal Ek jou nie beskaam nie, maar sal jy van My leer die diep geheimenisse van Koninkrykslewe en sal jy met wysheid wandel. Om te erken jy is verkeerd, is om wys te wees, en Ek sal jou erkennning gee en jou herstel. Ek soek ‘n karakter wat sal erken dat hy menslik is; nie volmaak is nie; en My nodig het.

Sonder My kan jy stuikel en val. Kan jy jou foute en sondes erken? Jy sal sterker as tevore opstaan as jy om vergisfnis kan kom vra, en My toelaat om jou te reinig en te genees. As jy sukkel om onderdanig te wees aan My soewereiniteit, sal jy beslis tot ‘n val kom. Dis slegs die sonde van hoogmoed wat jou verhinder om jou oor te gee aan My. Kan jy jou lewe, drome en verwagtings aflê voor My? Kan jy stil word oor jou eie benadering wat My wil vir jou lewe moet wees, en luister na My perfekte plan vir jou? Het jy die karakter om te aanvaar dat Ek die beste weet wat om vir jou te gee?

My gedagtes is hoër as jou gedagtes. Ek weet alles van begin tot einde. Kan jy My vertrou as Ek jou vra om in gehoorsaamheid ‘n taak te verrig? Kan jy aanvaar dat Ek vir jou ‘n goeie, hoopvolle plan het? Antwoord My opreg, en Ek sal vir jou die begeertes van jou hart gee.”

 

HOOFSTUK 8: EK EIS BEKERING

7 Februarie 2012

 

“Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE. Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE.

En Ek self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig. En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas; en hulle sal nie meer bevrees of verskrik wees of vermis word nie, spreek die HERE. Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.

Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die HERE leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie, maar: So waar as die HERE leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.

Wat die profete betref—my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos ‘n dronk man en soos ‘n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die HERE en sy heilige woorde. Want die land is vol owerspelers; want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg. Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in My huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die HERE. Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val. Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE.

Ek het wel by die profete van Samaría aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel; maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.

Daarom, so sê die HERE van die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wilde-als eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan. So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die HERE nie. Hulle sê gedurig aan my veragters: Die HERE het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie. Want wie het in die raad van die HERE gestaan, dat hy sy woord sou sien en hoor? Wie het sy woord beluister en gehoor?

Kyk, ‘n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ja, ‘n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los. Die toorn van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.

Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle geloop; Ek het nie met hulle gespreek nie, tog het hulle geprofeteer. Maar as hulle in My raad gestaan het, moet hulle My volk My woorde laat hoor en hulle terugbring van hul verkeerde weg en van die boosheid van hul handelinge.

Is Ek ‘n God van naby, spreek die HERE, en nie ‘n God van ver nie? Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE. Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom! Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart— is hulle daarop bedag om My volk My Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders My Naam vergeet het deur Baäl?

Die profeet by wie ‘n droom is, laat hom ‘n droom vertel; en by wie My woord is, laat hom My woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek die HERE. Is My woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?

Daarom, kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat my woorde steel, die een van die ander. Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek! Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en My volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.” (Jer. 23:1-32)

“Julle het My woorde gehoor. Hierdie woorde sal deur My huis brand totdat die reines van die onreines geskei is. Tensy julle na My toe kom in nederigheid om deur My gereinig te word, sal Ek julle oorgee aan julle vyande om in ballingskap weggevoer te word.

My mense, EK IS steeds dieselfde – gister, vandag en môre. My mense sal gevange geneem word in die hande van Babilon, soos in die dae van Jeremia. Ek eis bekering en om terug te keer na My. Julle hardkoppigheid en halsstarrigheid sal veroorsaak dat julle gevange geneem gaan word. EK IS ernstig! Ek maak alreeds My huis skoon.

Ek het My profete gestuur met die waarskuwing oor die oordeel wat kom. Dit kom beslis. As Ek julle vind met ‘n onbesnede hart, sal Ek julle uit My mond spoeg, want julle het die verbond met My verbreek. Ek sal oor julle treur, maar My oordeel is regverdig – Ek het julle talryke geleenthede gegee om julle harte te laat besny. ‘n Besnede hart is ‘n hart waarin daar geen hoogmoed is nie. Dis die laaste maal wat Ek vra vir toewyding, onderdanigheid en nederigheid. Dis vir julle eie beswil, want sonder My kan julle niks doen nie. Ek wil in ‘n verhouding met julle wees – soos ‘n vriend teenoor ‘n vriend. Ek kan vir julle ‘n Vriend wees, want Ek weet wat is goed vir julle. Julle verstaan baie dinge nou nie, maar in die Millennium sal dinge baie duideliker wees en julle sal verstaan hoekom Ek vra dat julle sekere dinge moet aflê. EK IS God, julle Skepper. Kom nader en vra na My hart!”

 

HOOFSTUK 9: BELOFTES EN VOLHARDING

 9 Februarie 2012

 

“My kind, Ek wil jou wonde genees – die wonde veroorsaak deur verbreekte beloftes. Baie daarvan is gevegswonde wat jy deur My hande gekry het. Jy’t gesien My beloftes is verbreek, want dit wat Ek gesê het, het nie waar geword nie. Wat hier gebeur het, is dat Ek jou getoets het. As jy getoets word, is jy op die slagveld en dis daar waar jy seerkry. Ek het ook seergekry op My toetsgrond – toe Ek aan die kruis gesterf het vir jou. Ek het seergekry maar Ek het dit volbring en omdat Ek die toets volbring het, kan baie, baie mense geseën word omrede My gehoorsaamheid aan die Vader. Ek het volhard en die toets volvoer. Ek was getoets deur die Vader, en so ook sal jy getoets word as jy ‘n belofte van die Vader ontvang het. Jy sal getoets word en dit mag pynlik wees. As jy egter volhard in die stryd, sal jy oorwin en jy sal jou kroon en jou belofte kry. Dan sal Ek daardie wonde genees en jou hart verbind want Ek sal vir jou nuwe olie en nuwe wyn gee. Jy sal weet dat Ek vír jou is, en nie téén jou nie.”

“En hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees. Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle. Ek sal ‘n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie. Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel. Want so sê die HERE: Soos Ek oor hierdie volk gebring het al hierdie groot onheile, so bring Ek oor hulle al die goeie wat Ek oor hulle spreek.” (Jer. 32:38-42)

“Weet dít – jy sal getoets word na die mate van die belofte aan jou. Vra My om jou te help, sodat jy sal kan volhard, want jy sal dit nodig kry in die eind-tyd: VOLHARDING!”

 

MAAK GEREED VIR DIE BRUIDEGOM

“Hulle wat saam met My sal heers en regeer in die Millennium sal tot ‘n groot mate getoets word in hierdie era. Staan vas; roep My aan; wees gehoorsaam en beweeg wanneer Ek so sê. Vra My om jou onderskeiding te verskerp, want jy moet paraat wees as ons die finale stadium van die eind-tyd binnegaan. Moenie oningelig wees oor die tyd waarin jy leef nie – wees wys en vra My na die waarheid en Ek sal My hart aan jou openbaar. Baie mense sal onthou dat Ek ‘n groot getal profete gestuur het om hulle te waarsku om voor te berei vir die Bruidegom. Maar tevergeefs! Wee hulle wat die raadgewing verdoem en ignoreer van My wyse dienaars. Hulle sal verseker tot skaamte gebring word in die end as hulle nie luister en gehoor gee aan My raadgewing nie. Baie is geroep, maar weinig is uitverkies.

So sal dit wees wanneer die Bruidegom die feesdeure van die bruilof oopmaak vir Sy Bruid. Slegs hulle sal gekies word wat hulleself voorberei het vir Hom. My Bruid, jy moet na My toe kom, gereinig van sonde met berou en jou rug keer op die bose weg. Jy moet daagliks op My wag en verlang daarna om My stem te hoor. Lees My Woord en verslind My Woord. As jy dit doen, sal Ek jou volmaak met olie en sal jy gereken word as een van die wyse maagde.

My herstelde kerk weet hoe om My Woord te verslind, want daardeur kry hulle die swaard in die mond. Leer dit by hulle – voed op My Woord sodat julle met olie gevul kan word. Kom dan in stilte en kom wag op My – kom lê by My voete dat Ek jul kan genees; jul kan herstel; jul kan volmaak met olie.

My Bruid, as jy nie daagliks na My hunker of vir My ‘n heilige ontsag het nie; vra dat Ek dit in jou hart moet opwek. Kom, My Bruid, die tyd van ons eenwording kom nader. Ken jy die Bruidegom? Ek verlang dat jy sal uitroep na My en Ek sal jou antwoord. My Bruid, Ek is gereed om die ou mantel van jou af te haal en om vir jou ‘n nuwe mantel van outoriteit te gee. In hierdie jaar sal Ek My Bruid salf. Hulle wat daarvoor gevra het en hulle wat daarvoor voorberei het, sal gesalf en verseël word.”

 

DANKIE MY BRUID

“Dankie dat jy My liefhet. Dankie dat jy My vertrou in die dale en op die heuwels, want EK IS altyd met jou. Dankie dat Ek, jou Maker, jou man kan wees, en dat jy My vurig liefhet, sonder dat jy My eers kan sien. Ek sal jou klee en vir jou baie skatte gee, soos wat Rebekka gekry het. Sy het Isak se huweliksaanbod aanvaar sonder dat sy hom gesien het. Soos Isak vir Rebekka liefgehad het, so het Ek jou ook lief, en nog meer. Hou moed en wees sterk, My Bruid. Ek sal aan jou al My beloftes gee soos wat Ek beveel het en My verbond met jou en My goedertierenheid sal ewigedurend wees. Ek bemin jou, My Bruid. Nog ‘n klein tydjie en ons sal verenig wees soos in ‘n huwelik.”

 

HOOFSTUK 10: EK MAAK MY LEËRMAG GEREED

12 Februarie 2012

 

“Daar was baie visioene en woord aangaande My leërmag wat Ek besig is om op te rig om saam met My in die stryd te tree. Ek is die Aanvoerder van hierdie weermag. Daar is beslis verskillende regimente in hierdie weermag. As jou regiment nie in eenheid met My en My liggaam beweeg nie, is jou regiment swak. As daar nie gehoorsaamheid en ontsag vir My Naam is nie, is jou regiment swak. As jy My Woord verdraai en afwater, is jou regiment swak.

Soos wat jy geestelik groei om My bó jouself te eer en jy in eenheid met My begin wandel, so word jy deel van My perfekte weermag. Hierdie groep – My vreeslose, gehoorsame, onverbiddelike en onverdeelde weermag – is die groep wat Ek sal gebruik vir My doel nou en in die eind-tyd. Hierdie groep sal My seuns genoem word. Dis hulle wat My toegelaat het om hulle te transformeer na die gelykenis van My Seun. Omdat die geveg intens gaan wees, kan Ek slegs diegene gebruik wat hulle eie lewe neergelê het vir die roeping tot gehoorsaamheid aan My volmaakte wil. My opregte seuns sal my gehooorsaam net soos My Seun, Jesus. Hulle wat kies om die volmaakte wil van die Vader te doen, sal vir ewig geseënd wees en sal soos ‘n seun vir My wees – soos Jesus. Hulle sal welkom en geëerd wees want niks is vir My meer kosbaar as kinderlike gehoorsaamheid aan My, die Vader, en die vertroue dat Ek weet wat is die beste vir hulle nie. As julle kies om My volmaakte wil te doen, sien Ek julle raak, en is julle voortdurend voor My oë.

Ek sal jou beskerm onder My vleuels en geen swaard of hongersnood of pes sal na jou toe aankom nie. Ek sal jou ophef en jou naam sal in my handpalms en op My hart gegraveer wees soos My Seun Jesus s’n. Kies slegs My volmaakte wil, volg My dan en doen soos Ek vra. Radikale gehoorsaamheid word verwag op My roepstem om te kwalifiseer as een van My seuns. Wees kinderlik – want ‘n kind is eenvoudig en bely elke verkeerde ding. Doen dit dan ook daagliks, My kind. Moenie dat onvergifnis, bitterheid en haatdraendheid teenoor ander jou vashou nie. Laat dit gaan, spreek hulle vry en kom vra vergifnis sodat Ek jou kan vrymaak in My.”

 

KOM IN VEROOTMOEDIGING

“Ek wil jou stap-vir-stap lei. Ek wil jou leer en oplei. Laat Ek vir jou ‘n Vader wees. Die volmaakte Vader. Kom verootmoedig jouself. My Godsoordeel kom na My huis. Diegene wat hulle hoogmoed bely, asook hulle hardnekkigheid, sal gespaar word. Diegene wat dit nie wil bely nie, sal daarvoor ontbloot word. Hulle sal nakend staan en sal beskaamd wees. Ek is ernstig oor dit wat Ek gaan doen. Luister na My stem, want Godsoordeel is aan’t kom! Aan julle wat jul bekeer en volhard deur My toetsing en jul harte suiwer hou teenoor My, sal Ek gesag en ‘n septer gee om saam met My te regeer. Julle wat hierdie gesag ontvang, sal mense dien soos wat Ek gedien het. Julle sal aan hulle die waarheid leer, soos wat julle dit van die Vader ontvang. Die seuns sal die Vader hoor en sal gehoorsaam wees aan Sy stem. Ek is besig om gereed te maak vir groter dinge wat moet kom. Wil jy tot volle volwassenheid kom en My seun genoem word? Wees gehoorsaam aan My stem soos ‘n kind; glo in My en vertrou op My.”

“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE.” (Jer. 29:11-14)

 

MANTEL VAN NEDERIGHEID

“Vra dat Ek die blindheid vir jou eie sonde van jou sal wegneem, sodat jy jouself kan sien soos wat Ek jou sien. Voordat jy die mantel van ‘n seun van God kan dra, moet jy eers met die mantel van nederigheid geklee wees. Bekeer jou van hoogmoed, sodat die mantel van nederigheid jou sal pas, want dit is nodig alvorens jy die gesag van ‘n seun kan kry. Wat jy vandag kies, gaan jou einddoel bepaal, vir ewig! Kies wyslik. Die prys is hoog, maar die beloning is ewigdurend!”

 

GEBED

 Skepper God en ewige Vader, ek erken U as my HERE!

 

Jesus Christus, my verlosser, aan U bring ek dank en eer. Ek glo U het aan die kruis van Golgotha gesterf vir my sondes. Ek glo U het opgestaan uit die dood en U lewe by die Vader; U het my vrygekoop met U bloed en ek behoort aan U. Daarom wil ek vir U alleen lewe en wil ek gereed wees as U weer kom om my te kom haal.

 

Vader, ek staan skuldig voor U en teenoor my naaste vir my lewenswyse en verkeerde handelinge. Ek erken my sonde en tekortkominge. As U kind kom buig ek nou voor U met ‘n berouvolle hart en vra om vergifnis. Was my skoon met die bloed van die Lam, Jesus Christus en ek sal witter as sneeu wees en geen sonde sal meer teen my gereken word nie. Ek dank U daarvoor.

Ek vergewe nou elkeen wat my kwaad of leed aangedoen het.

 

Bewaar my teen die listigheid van die verleier.

 

Heilige Gees, openbaar aan my al die dinge wat my verhinder om die wil van die Vader in my lewe ten volle uit te leef.

 

Wek in my ‘n gewillige gees, en rus my toe, o Here, om te alle tye gehoorsaam te wees aan U roepstem. Gebruik my in U Koninkryk en betoon aan my U genade. AMEN. 

Impressum

Tag der Veröffentlichung: 26.02.2016

Alle Rechte vorbehalten

Widmung:
AUTHOR’S ACKNOWLEDGEMENTS I want to thank God the Father, Jesus Christ His Son and His Holy Spirit for entrusting me with this task to do the will of the Father. Thank You for calling me before the foundation of the world to help call forth Your precious Bride. Thank you for Your grace and mercy. Thank you for being my God, for being my Father, for being my King, for being my Helper for You inspire and bless me daily. I love You, my Lord! I want to thank those who pray for me daily and always loving me and accepting me for being me. I especially want to thank my family and friends. I want to thank Ida Nel, Johannes Cilliers and Ellie Landman for their help in editing this book. Glory to the Father! Glory to the Son! Glory to the Spirit! These Three are One!

Nächste Seite
Seite 1 /